
Nederlanders kuier by Meatco
Loading player...
Meatco versterk sy greep op die Europese mark na 'n onlangse besoek deur Europa se grootste vleisprodusent, die Nederlandse Jan Zandbergen-groep. Met Europa wat steeds 46 persent van Namibië se beesvleisuitvoere uitmaak, sê Meatco dat sterk vennootskappe met groot internasionale kliënte die sleutel is om beter pryse te verseker, volumes uit te brei en kritieke marktoegang vir Namibiese boere te beskerm. Meatco se interim-uitvoerende hoof, Albertus !Aochamub, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

