
Regstellende aksie: 15 maatskappye moet antwoorde verskaf
Loading player...
Lede van die publiek word genooi om die hersieningspaneelverhore van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming by te woon, waar 15 werkgewers ter verantwoording geroep sal word vir die versuim om aan die Wet op Regstellende Aksie te voldoen. Die verhore, wat oop en kwasi-geregtelik van aard is, sal van 21 tot 22 Januarie by die Nasionale Raad in Windhoek plaasvind. Woordvoerder van die ministerie, Jeremia Namalenga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

