Franschhoek-brand is buite beheer

Loading player...
Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê brandbestryders gaan voort om die brand wat buite beheer in die gebied bo Franschhoek woed, te beveg. Sterk wind het die brand teen Assegaai-bos laat versprei. Dit het oor die Bergrivier gespring en nuwe brande op die berg bokant die rivier laat ontstaan. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê brandbestryders sal vandag hul pogings voortsit:
20 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aktivis kom op vir ma wat baba by kerk gelos het

Die onlangse inhegtenisneming van 'n 36-jarige vrou wat haar pasgebore baba by 'n kerk in Omingwelume in die Ohangwena-streek gelos het, het ‘n debat ontketen oor wat 'n wetlik erkende veilige plek is om babas te los. In 2019 het die regering aangekondig dat moeders nie vervolg sou word as…
29 Mar 3AM 1 min

Cyril waarsku Midde-Ooste oorlog sal SA ekonomie kniehalter

ANC-president Cyril Ramaphosa waarsku die toenemende konflik in die Midde-Ooste laat globale oliepryse die hoogte inskiet en sal ʼn negatiewe uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse ekonomie met skerp brandstofprysverhogings wat volgende maand verwag word. Ramaphosa het by die ANC in Mpumalanga se provinsiale verkiesingskonferensie in Mbombela gepraat. Hy sê die…
29 Mar 3AM 1 min

DA verwelkom troepe in bendegeteisterde gemeenskappe

Die DA verwelkom die bevestiging dat die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, ter ondersteuning van die polisie in gemeenskappe wat deur bendegeweld geraak word, Woensdag sal begin. Die party sê gemeenskappe wat daaglikse geweld in die gesig staar, verdien dringende ingryping. Nicholas Gotsell van die DA sê die parlement…
29 Mar 2AM 1 min

Parlementêre Dienskommissie steeds nie gestig

Die kwessie van die stigting van 'n Parlementêre Dienskommissie is terug in die parlement. Aanvanklik in 2024 as 'n mosie ter tafel gelê, sou die kommissie die werwing van professionele personeel stroomlyn, dissiplinêre optrede teen personeel afdwing, en personeel van die twee huise van die parlement bevorder en oorplaas. Swapo-parlementslid…
29 Mar 1AM 1 min

Tiger Woods kry borgtog in dronkbestuursaak

Gholf: Tiger Woods is op borgtog vrygelaat na sy inhegtenisneming op 'n aanklag van dronkbestuur nadat hy gistermiddag sy motor tydens 'n ongeluk in Florida gerol het. Sheriff John Budensiek by die Martin County-balju se kantoor het gesê die 15-malige Major-kampioen is ook aangekla van saakbeskadiging en weiering om 'n…
29 Mar 1AM 1 min