
Australië kry nuwe wette ná Bondi Beach-skietery
Loading player...
Die Laerhuis van Australië se parlement het wette aanvaar om vuurwapens in dié land van eienaars terug te koop en aansoekers vir vuurwapenlisensies se agtergrond strenger na te gaan. Dit volg op die aanval op Bondi Beach in Desember tydens 'n Joodse fees waarin 15 mense dood is. Die terugkoopplan geld vir oortollige wapens en wapens wat pas onwettig verklaar is. Die Wet op die Bekamping van Jodehaat, Haat en Ekstremisme is ook aanvaar. Dié land se minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê hulle gaan streng teen Jodehaat optree.

