Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging betreur die dood van 12 leerders in 'n skoolvervoer-tragedie in Vanderbijlpark. Sebang Motlhabi van Salga het sy meegevoel betuig met die families, vriende en gemeenskappe wat deur die ongeluk geraak is. Hy vra strenger nakoming van die veiligheidsregulasies vir skoolvervoer om verdere verlies van jong lewens…
Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het vanoggend die Britse parlement toegespreek. Hy het die alliansies tussen Westerse lande as uiters belangrik uitgelig en sê daar is aanvalle op demokrasie en vryheid.
Die Paaie-owerheid het motoriste versoek om uiters versigtig te wees op die land se paaie, aangesien wydverspreide reënval, veral in die Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi-streke, tot verslegtende padtoestande gelei het. Die owerheid sê dat baie van hierdie paaie meer as 40 jaar oud is en dus meer kwesbaar is vir…
Die Wêreld Ekonomiese Forum het 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede en werkloosheid geïdentifiseer as een van die top vyf risiko's waarmee Namibië in 2026 te kampe het. Dit het inkomste- en welvaartsongelykheid, stygende skuldvlakke, onvoldoende openbare dienste, misdaad en onwettige aktiwiteite gelys as volgehoue uitdagings wat die land na verwagting…
Van die vyf streekskragpoele wat oor die vasteland gevestig is, staan die Suider-Afrikaanse Kragpoel uit as die mees gevorderde en suksesvolle. Die poel se voortgesette sukses en groei in elektrisiteitshandel word egter beperk deur oorbelaste transmissielyne binne die SAOG-streek, volgens die State of Africa Energy Outlook Report, wat deur die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.