Knysna se watertekorte is as gevolg van wanbestuur

Loading player...
Die GOOD-Party sê die ernstige watertekort in Knysna in die Wes-Kaap is as gevolg van die droogte en jare se onderbelegging in waterinfrastruktuur. Intussen help Gift of the Givers gemeenskappe deur water met vragmotors af te lewer, wat broodnodige verligting bied. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, waarsku dat krane binnekort kan leegloop en beklemtoon die behoefte aan langtermyn-wateroplossings:
20 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlementêre Dienskommissie steeds nie gestig

Die kwessie van die stigting van 'n Parlementêre Dienskommissie is terug in die parlement. Aanvanklik in 2024 as 'n mosie ter tafel gelê, sou die kommissie die werwing van professionele personeel stroomlyn, dissiplinêre optrede teen personeel afdwing, en personeel van die twee huise van die parlement bevorder en oorplaas. Swapo-parlementslid…
29 Mar 1AM 1 min

Tiger Woods kry borgtog in dronkbestuursaak

Gholf: Tiger Woods is op borgtog vrygelaat na sy inhegtenisneming op 'n aanklag van dronkbestuur nadat hy gistermiddag sy motor tydens 'n ongeluk in Florida gerol het. Sheriff John Budensiek by die Martin County-balju se kantoor het gesê die 15-malige Major-kampioen is ook aangekla van saakbeskadiging en weiering om 'n…
29 Mar 1AM 1 min

Midde-Ooste, diamante risiko's vir ekonomie, sê IMF

Die uitvoerende raad van die Internasionale Monetêre Fonds het Vrydag die Artikel IV-konsultasie met Namibië vir 2026 afgesluit. Die fonds sê die konflik in die Midde-Ooste hou afwaartse risiko's vir Namibië se groeivooruitsigte in, tesame met die voortgesette daling in diamantpryse. Spanleier Xiangming Li sê verdere fiskale aanpassing is van…
28 Mar 7AM 1 min

AfriForum bekommerd oor grond langs paaie

AfriForum sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se voorgestelde beleidsveranderinge kan die agentskap oormatige beheer gee oor die gebruik van grond langs paaie. Die organisasie waarsku dat die voorstelle SANRAL sal toelaat om te besluit waar fasiliteite gebou word en watter besighede bedryf word, wat boere, grondeienaars en ondernemings langs die…
28 Mar 6AM 1 min

Navo het 'n groot fout begaan, sê Trump

Europese Navo-lede nie materiële ondersteuning verskaf het namate Amerika die vierde week van sy oorlog teen Iran binnegaan nie. Europese bondgenote is nie oor die aanvalle laat-April gekonsulteer nie, en baie het die aksie teëgestaan. Trump se verhouding met Navo is wisselvallig en sy opmerkings wek twyfel oor sy bereidwilligheid…
28 Mar 4AM 1 min