Ry versigtig, die reën beskadig die reeds ou paaie

Loading player...
Die Paaie-owerheid het motoriste versoek om uiters versigtig te wees op die land se paaie, aangesien wydverspreide reënval, veral in die Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi-streke, tot verslegtende padtoestande gelei het. Die owerheid sê dat baie van hierdie paaie meer as 40 jaar oud is en dus meer kwesbaar is vir skade tydens langdurige reënval, maar het verseker dat geraakte gedeeltes herstel sal word in ooreenstemming met sy instandhoudings- en rehabilitasieprogramme sodra die weerstoestande dit toelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, die owerheid se kommunikasie beampte gesels.
20 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reguleer skoolvervoer beter, eis Plaaslike Regeringsvereniging

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging betreur die dood van 12 leerders in 'n skoolvervoer-tragedie in Vanderbijlpark. Sebang Motlhabi van Salga het sy meegevoel betuig met die families, vriende en gemeenskappe wat deur die ongeluk geraak is. Hy vra strenger nakoming van die veiligheidsregulasies vir skoolvervoer om verdere verlies van jong lewens…
20 Jan 10AM 1 min

Westerse alliansie uiters belangrik, sê VSA speaker

Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het vanoggend die Britse parlement toegespreek. Hy het die alliansies tussen Westerse lande as uiters belangrik uitgelig en sê daar is aanvalle op demokrasie en vryheid.
20 Jan 10AM 1 min

Beleid moet na aksie oorgaan om werkkrisis te verlig

Die Wêreld Ekonomiese Forum het 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede en werkloosheid geïdentifiseer as een van die top vyf risiko's waarmee Namibië in 2026 te kampe het. Dit het inkomste- en welvaartsongelykheid, stygende skuldvlakke, onvoldoende openbare dienste, misdaad en onwettige aktiwiteite gelys as volgehoue uitdagings wat die land na verwagting…
20 Jan 9AM 1 min

Oorbelaste transmissielyne hou elektrisiteitshandel terug

Van die vyf streekskragpoele wat oor die vasteland gevestig is, staan die Suider-Afrikaanse Kragpoel uit as die mees gevorderde en suksesvolle. Die poel se voortgesette sukses en groei in elektrisiteitshandel word egter beperk deur oorbelaste transmissielyne binne die SAOG-streek, volgens die State of Africa Energy Outlook Report, wat deur die…
20 Jan 9AM 1 min

Solidariteit vra Amerika om SA in Agoa te hou

Solidariteit versoek Amerika om Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Afrika-Groei en -Geleenthede te behou. Woordvoerder Jaco Kleynhans sê die voorsitter, Flip Buys, het in 'n brief aan presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump, en die Senaatsleier, John Thune, gevra dat diplomatieke spanning nie die handelsooreenkoms moet ontspoor nie…
20 Jan 8AM 1 min