
CCTV-kameras vang vermeende brandstigter
Loading player...
Kringtelevisiekameras het polisie in Kaapstad gehelp om ʼn vermeende brandstigter vas te trek wat probeer het om die veld langs ʼn belangrike hoofweg aan die brand te steek. Hierdie inhegtenisneming was een van 375 arrestasies wat die metro se toepassingsagentskappe die afgelope week uitgevoer het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die inhegtenisneming beklemtoon die waarde van tegnologie in misdaadbestryding:

