
Mk sê gru-ongeluk dui mislukte leerderplasings aan
Loading player...
Die MK-party verbind die tragiese leerdervervoerongeluk in Vanderbijlpark in Gauteng met uitdagings rondom skoolplasings en onveilige vervoeropsies. Veertien leerders is in die ongeluk dood en verskeie ander is in 'n kritieke toestand. Die party sê baie kinders word gedwing om lang afstande te reis om skole buite hul gemeenskappe by te woon, en maak staat op ongelisensieerde en onveilige voertuie. Die MK-woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela het steun aan geaffekteerde gesinne belowe terwyl hy aanspreeklikheid eis vir diegene wat verantwoordelik is:

