Aangebied deur Penguin Random House Die gelyknamige RSG-program wil die wêreld minder vreemd maak, en dít doen hulle al 37 jaar lank! Met die boek op die rak word al die interessantste vrae en antwoorde nou byeengebring.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Amor van der Westhuyzen se ma was Joey Haarhoff – dié Joey wat saam met pedofiel Gert van Rooyen 6 meisies in die 80’s ontvoer en ’n koeëldood gesterf het tydens ’n polisiejaagtog. Carla het Amor se storie gedokumenteer in Mishandel, misbruik, misken. Die twee vroue…
Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Sy spanningsverhaal – oor ’n ontvoerder en verkragter – is as grensverskuiwend beskryf. Dit is ’n verhaal waarin Martin die leser saamneem op die lang pad van heling wat vir ’n verkragtingslagoffer voorlê en waarvoor hy intensief, en dikwels met vrouelesers as klankbord, navorsing gedoen het. Jono…
Presented by Penguin Random House One of South Africa’s most popular and highly respected historians reflects on a career spanning 4 decades. Naomi Meyer probes Bill about a life steeped in South Africa’s past and touches on a variety of topics that are close to his heart, such as the…
From time travelling to crime, comics to short stories, Lauren Beukes talks about storytelling, the strange places her research has taken her, and putting a twist on reality to get at the big issues.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Drie bekroonde jeugskrywers; drie splinternuwe, grensverskuiwende tienerboeke. Mia Oosthuizen gesels met die wenners van LAPA se jeugromankompetisie oor die uitdagings van ’n genre waarvan die lesers voortdurend verander en skrywers moet tred hou met sosiale onderstromings om in pas te bly.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Hans se Tussen die klippe en Ronel se Pelgrimshoop vra altwee waar die streep tussen die reg en waarheid nou eintlik lê. Sophia Kapp vra die skrywers uit oor hulle lekkerleesromans wat terselfdertyd morele kwessies opper.
Aangebied deur NB-Uitgewers Twee gesoute skrywers gesels misdaad met Deborah Steinmair. Wilna vertel meer oor die langverwagte slot van haar drieluik, waarin Ellie die moordenaars van haar pa konfronteer, terwyl Lerina – van Mannheim-sage – uitwei oor die tragiese Bosoorlogstorie wat die vonk was vir haar rillerdebuut.
Presented by Modjadji Books On the same day Michelle presented her psychology honours thesis on men’s perceptions of rape she was raped. Just hours after being applauded, she was on a beach, terrified and powerless to stop what was about to happen. Michelle shares her experience of what it means…
’n Splinternuwe Afrikaans vertaling het pas verskyn van Thomas Mofolo se ikoniese Chaka, wat in 1925 in Sotho gepubliseer is. Dit vertel van die lewe, maar veral leierskapstyl van die magtige Zoeloe-opperhoof. Hoewel geen uitgewer dit aanvanklik wou uitgee nie, is die boek later in vyf tale vertaal en word dit beskou…
Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, is daar steeds mistastings daaroor. Abel Estherhuyse, verbonde aan die fakulteit Krygkunde aan die Universiteit Stellenbosch, gesels met Willem oor die hersiene glansweergawe van sy 1989-publikasie.
Aangebied deur Protea Boekhuis Drie hopies grond. Drie grafte: Vytjie, Basjan en Gulu. Elkeen moet vertel hoe hy of sy aan sy dood gekom het. Trien is die sameroeper van dié byeenkoms na die dood. Hoe is haar huiswerker, haar man en die plaaswerker dood? Marthinus Basson vra Hertzogpryswenner en dramaturg Pieter Fourie…
Moontlik gemaak deur Protea Boekhuis, SASNEV, die Vlaamse Regering, Kaapse Forum vir Neerlandistiek en Nederlandse Taalunie Met: Stefan Hertmans, Peter Verhelst en Abdelkader Benali Van die grootste woordkunstenaars uit die Lae Lae lees uit hulle werk voor, terwyl die digter en bedrewe vertaler Daniel Hugo hulle uitvra oor hulle lewe en werk in…
Ingrid se veelbekroonde Vlakwater is in Engels vertaal as The Shallows; Mike se Agents of the State in Afrikaans as Staatsrotte. Mike het die onderskeiding dat sy boeke beter in Afrikaans verkoop as Engels. Deborah Steinmair gesels met hulle oor Afrikaanse koopkrag versus Engelse reikwydte.
Aangebied deur Protea Boekhuis Dis 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is ’n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal (nou Kgosi Mampuru II), waar hy as laksman werk. Wanneer hy aangekla word van die moord op 7 lede van die Diepsloot-karatespan ná ’n voorval van padwoede word bevind dit was die dag nadat 32 gevangenes…
Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.
Aangebied deur NB-Uitgewers Ryk se Huilboek speel af tussen sy lewe vandag in Nieu-Seeland en sy kinderjare aan die Oos-Rand van die 60’s. Die titel verwys na die boekie waarin hy as ’n misrabele seuntjie ’n kruisie moes maak telkens as hy wou huil; die roman word ’n volwasse man…
Aangebied deur Penguin Random House KykNET se gewilde Megaboere het Suid- Afrikaners ’n kykie gegee in die lewens van die land se voorste boere. Die oekweergawe bevat fassinerende portrette van dié presteerders. Suzaan Steyn gesels met skrywer en medevervaardiger Wynand Dreyer oor die boere wat sy pad gekruis het toe…
Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Storm soos Hlaudi Motsoeneng se SAUK-krisis skud dinge in jou los. In sy eieverhaal skryf Ivor krities hieroor – ook sy rol. Maar hy vertel vir Hanlie Retief hoe alles begin het – met ’n kleintydliefde vir die Afrikaanse taal, en van goed en swaar in…
7 Mar 2017
50 min
32 – 52
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.