US Woordfees Toyota US Woordfees 2020

Toyota US Woordfees 2020

Oudergewoonte pak knap gesprekvoerders 'n reeks kontroversiële onderwerpe met bekende kenners.
Daily Afrikaans South Africa News · Government
27 Episodes
4 – 24

WANNEER HARE ‘MINCE’ ... EN KINDERS DROOM

Met: Riana Scheepers, Bianca Flanders en Dale Blankenaar Ure met die stryktang, saans met die swirlkous, maar steeds mince jou hare by die eerste teken van reën... Aktrise Bianca Flanders het al as Lola, haar alternatiewe verhoogpersoonlikheid, mense laat skater met staaltjies oor ’n jong bruin vrou se verhouding met haar…
12 Mar 2020 9AM 1 hr 08 min

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

ANNELIE BOTES (EN DIE OU GRYSE): KAMMALAND

Aangebied deur Penguin Random House Die supergewilde Annelie Botes is terug met haar jongste boek, Kammaland. Sy en die ou gryse vertel vir die eerste keer sáám hoekom hulle besluit het om die Engelse kanaalpad te vat, reg in die snerpende winter in, en hoe kwaai dit hul 44 jaar…
12 Mar 2020 6AM 1 hr 05 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

JEANNE GOOSEN: ’N LEWE VOL SINNE

Sandra Prinsloo gesels met Petrovna Metelerkamp Aangebied deur Hemel & See Boeke ’n Boek oor die lewe en werk van een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, Ons is nie almal so nie se Jeanne Goosen, het pas verskyn. Sandra Prinsloo, ’n jarelange vriendin van Jeanne, gesels met uitgewer Petrovna…
12 Mar 2020 5AM 54 min

VOICES FROM THE UNDERGROUND

Met: Shirley Gunn, Shanil Haricharan, Haroon Gunn-Salie e.a. Onder Apartheid het gewone mense die buitengewone stap geneem om hul lewens toe te wy aan die vryheidstryd. Wat het gelei tot hierdie stap? Hoe dink ons in post-apartheid-Suid-Afrika oor politieke aktivisme? In hierdie gesprek praat voormalige lede van Umkhonto we Sizwe,…
12 Mar 2020 5AM 1 hour

HEINZ MÖDLER: EN DAAR WAS DAGGA

Met: Louis Awerbuck, Andreas van Wyk, Churchil Naudé en RIku Lätti Aangebied deur Naledi Skrywer en mediese dokter Heinz Mödler, sielkundige Louis Awerbuck, regsgeleerde Andreas van Wyk, digter en rapper Churchil Naudé en musikant Riku Lätti bied ’n mini-daggapartytjie in woord, musiek en beeld aan. Die daggaplant (Cannabis sativa) word…
11 Mar 2020 6AM 55 min

DIE INTERNASIONALE POLITIEK: HOE LATER HOE KWATER?

Hoe lyk die internasionale politieke toneel drie maande ná Brexit en die VSA op pad na ’n tweede termyn vir Donald Trump? Of het ’n Demokraat ’n kans om die Withuis te verower? Globale onsekerheid vier steeds hoogty en feitlik niks kan meer met sekerheid voorspel word nie. Waar pas Suid-Afrika in…
11 Mar 2020 5AM 1 hr 02 min

BOEKKLUB: DIE MUSIEK VAN ‘DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT’

Andries Buys alias Lodewyk G du Plessis gesels met Danie Marais Aangebied deur Tafelberg Hy’s die man van die uur, die debutant wat in 2019, op 80, elke liewe literêre prys van die jaar ingepalm het. Oudregter Andries Buys het onder die skuilnaam Lodewyk G du Plessis geskryf. Maar dit…
10 Mar 2020 12PM 1 hr 16 min

YUSUF DANIELS: DIE COLOURED LAAITIE VAN DIE FLATS

Met: Schalk Bezuidenhout Aangebied deur Jacana Media Dis snaaks en dis hartseer, dit laat jou uitbars van die lag en ’n traan afvee. Living Coloured (Because Black and White Were Already Taken) het op Facebook begin. Maar gou het dié sketse van Yusuf Daniels oor die Kaapse Vlakte in die…
10 Mar 2020 11AM 55 min

PIETER DU TOIT: DIE STELLENBOSSE MAFIA

In gesprek met Ryk van Niekerk Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Wie is die “Stellenbosch-mafia” wat so kort-kort in die Steinhoff-stories opduik? Pieter du Toit, skrywer van The Stellenbosch Mafia: Inside The Billionaires’ Club, en Sake24- arbeidsverslaggewer Jan de Lange bespreek vrae soos hoekom die irritasie met die Stellenbosch-biljoene, wie’s…
10 Mar 2020 9AM 1 hr 02 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min

HERMANN GILIOMEE: ‘MAVERICK’ AFRIKANERS

Met: Albert Grundlingh Aangebied deur Tafelberg Suid-Afrika se top-historikus rig in Maverick Africans sy vlymskerp blik veral op dit wat ongewoon is aan die relatief klein groep Afrikaners. Die NG Kerk se invloed op apartheid, die buitengewone rol wat Afrikanervroue gespeel het, ontplooiing in die staatsdiens, en die vraag oor…
10 Mar 2020 6AM 57 min

BOEKKLUB: 50 JAAR MET FRED

Met: Bun Booyens as gesprekleier, Tony Leon en ander Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Die Burger en Fred Mouton is soos vis en tjips of spek en eiers. En g’n wonder nie – dié spotprenttekenaar is al ’n hele 50 jaar by die koerant. Bun Booyens, oudredakteur en samesteller van…
9 Mar 2020 12PM 1 hr 01 min

SUNA VENTER GEDENKLESING

Gelewer deur Quinton Adams Die joernalis Suna Venter, wat in 2017 op 32-jarige ouderdom aan Gebroke Hart sindroom (streskardiomiopatie) dood is, het as lid van die sogenoemde SABC 8 opgestaan teen sensuur by die SABC. Saam met haar sewe kollegas ontvang sy die Nat Nakasa-prys vir mediavryheid – maar betaal…
9 Mar 2020 11AM 54 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min

HOF TOE!

Johann Kriegler, Thuli Madonsela en Dennis Davis gesels met Andreas van Wyk Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Is ons howe die nuwe politieke slagveld? Johann Kriegler, Thuli Madonsela en Dennis Davis bespreek dié verskynsel met Andreas teen die agtergrond van die dramatiese toename in oënskynlik politieke geregtelike veldslae waarna Lawfare…
9 Mar 2020 5AM 52 min
4 – 24