BOEKKLUB: 50 JAAR MET FRED

Met: Bun Booyens as gesprekleier,
Tony Leon en ander

Aangebied deur Jonathan Ball
Publishers

Die Burger en Fred Mouton is soos vis
en tjips of spek en eiers. En g’n wonder
nie – dié spotprenttekenaar is al ’n hele
50 jaar by die koerant. Bun Booyens,
oudredakteur en samesteller van 50 Jaar
met Fred, wys voorbeelde van die meer
as 10 000 prente wat Fred oor vyf
dekades geteken het en deel staaltjies
oor sy hebbelikhede met, onder andere,
Tony Leon, wat as leier van die Opposisie
heerlik onder Fred se pen deurgeloop
het. Getekende eksemplare is te koop.
Meer as 100 van Fred se prente word
ook in die voorportaal van die Adam
Small Teater uitgestal, en afdrukke is
daar te koop.