MAGIESE MADAGASKAR

--:--
Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan
en Johanna Steyn

Aangebied deur die Agence
Universitaire de la Francophonie

’n Geniale, maar haas onbekende
digter van Madagaskar se poësie lei
tot ’n grensverskuiwende, veeltalige
vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en
Frans, wat veral wys op die besondere
affiniteit tussen Frans en Afrikaans.
Catherine du Toit, Naòmi Morgan en
Johanna Steyn vertel meer van die
Jean-Joseph Raberivelo Digter sonder
grense-projek, terwyl musiek die regte
atmosfeer skep.
10 Mar 2020 8AM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der Merwe en Jolyn Phillips gesels met Thys Human Aangebied deur Penguin Random House en Human & Rousseau Die verbitterde kreefsmous Hendrik se ontdekking van ’n meermin op ’n verlate strand aan die Weskus is die begin van ’n anderse seerkry-liefdesverhaal in Meg Vandermerwe se Die…
13 Mar 2020 5AM 55 min

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min