Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
108 Episodes
32 – 52

Psalm 19:1-7: Die Hemele getuig en die Son skyn!

In die eerste gedeelte van Psalm 19, getuig die Hemele van God se goedheid, hoeveel te meer nie ons nie...en net soos die son opkom, kom God se Son (Seun) van geregtigheid ook op oor jou, as Sy geliefde.
7 Sep 2023 40 min

Hoe maak ek God se redding prakties in my lewe?

Hoe maak ons God se redding prakties in ons lewens? Jou gedagtes speel 'n bepalende rol in die realisering van Vader se redding, wil en die koers van jou lewe. Luister saam en mag dit jou stig
31 Aug 2023 47 min

Psalm 18:17-24: God Verlos!

Hoe heerlik nie om terug te kyk na die Psalms deur die kruis en verlossingswerk van Jesus Christus nie? Die ewige triomfantelike boodskap bly klokhelder lui, tot in ewigheid...God Verlos! Het jy verlossing in jou lewe nodig? Luister gerus saam en mag die Woord vir jou tot groot seën wees!
10 Aug 2023 49 min

Psalm 18:8-16: God se getroue liefde en oordeel

In hierdie gedeelte van Psalm 18 bespreek Charles van Onselen en Louwrens Viljoen die krag van God se getroue liefde en oordeel...ontdek saam met hulle opnuut die Heerlikheid van God se Woord
3 Aug 2023 48 min

Psalm 17 - Die gebed van 'n onskuldig vervolgde

Het jy al ooit onskuldig vervolg gevoel? Die onreg daarvan is iets wat ons geloof toets soos min...luister saam na Psalm 17, wat juis hieroor gaan. Mag die Woord vir jou tot groot seën wees!
20 Jul 2023 48 min

Psalm 16 - Niks goeds nie behalwe by God

In hierdie Psalm besing Dawid weer opnuut die kragtige realiteit dat daar niks goed is nie, buiten God. Dié God wat sy Vader is en wat hom liefhet, en beskerm, net soos vir jou, Sy geliefde kind! Jy is kosbaar in Vader se oë
13 Jul 2023 45 min

Psalm 15 - Wie mag vertoef in U tent?

Wie mag vertoef in die tent van die Here? Wie is die tent van God? Luister saam met Charles van Onselen en mag die Woord jou stig en seën
6 Jul 2023 46 min

Psalm 14 - Die dwaas dink daar is geen God nie

Psalm 14 is nog een van daardie kragtige Psalms, wat die kritiese noodsaaklikheid van die erkenning van God as Soewereine Vader onderstreep. Ontdek saam die Heerlikheid van die Psalm saam met Louwrens Viljoen en Charles van Onselen
29 Jun 2023 52 min

Psalm 13 - Hoe lank nog Here...?

In die treffende Psalm, wat in dieselfde klaagliedere Psalm-genre is as Psalm 12, vra Dawid die harts-vraag wat ons almal gereeld dalk vra, 'Hoe lank nog Here...' Luister saam terwyl Charles van Onselen en Louwrens Viljoen die Heerlikheid van God uit die Skrif soek, ontgin en deel. Mag dit vir…
22 Jun 2023 51 min

Psalm 12 - God en Sy Woord - Getrou en Betroubaar!

In Psalm 12 noem Dawid sy teëstanders by naam, en sê vir God waarmee hy worstel...hy wend hom opnuut na dié Een wie se Woorde Suiwer Betroubaar is...het jy jouself al na Hom gewend? God se Woord is getrou en betroubaar
15 Jun 2023 43 min

Psalm 11 - Wat glo jy van God?

Glo jy dat God regverdig is, en geregtigheid sal laat geskied? Wat glo jy van Hom? In Psalm 11 praat Dawid hieroor, en ondersoek, en deel, Charles van Onselen die Heerlikheid wat in die Psalm opgesluit is, mag dit vir jou tot seen wees
8 Jun 2023 50 min

Psalm 10 - Here, ek verstaan nie...

In Psalm 10 pen Dawid 'n pragtige eerlike lied neer van aanvanklike ontnugtering met die skynbare 'oorsien' van ongeregtigheid deur God. Was jy al daar? Luister saam na die Psalm, en sien hoe God se Woord tot Heerlikheid kom hierdeur. Here, ek verstaan nie...was jy al daar?
1 Jun 2023 51 min

Psalm 9 - Die dood van die seun...mens is net mens

Net die tema alleen klink ongewoon, onrusbarend...dalk selfs onheilspellend...waarvan praat Dawid hier, en hoe skakel dit in by die verheerliking van God? Die mens is net 'n mens...Mag die saamkuier vir jou nuwe vars insigte en perspektiewe van Heerlikheid meebring
25 May 2023 1 hour

Psalm 8 - Die kroon van God se skepping

In hierdie treffende Psalm skryf Dawid oor die Heerlikheid van God, en weet jy dat jy deel is van Sy Heerlikheid! Jy is weinig minder as 'n hemelse wese gemaak, die kroon van Sy skepping....God is lief vir jou!
18 May 2023 42 min

Psalm 7: Doen aan my reg

In hierdie besondere Psalm beroep Dawid homself op die Here as sy redder, maar hy gee homself ook oor in God se hande...dit is juis hierdie aksie van oorgawe, wat 'n rus by hom meebring. Mag die Psalm vir jou tot groot seën wees!
10 May 2023 41 min

Psalm 6: In my benoudheid Here

In hierdie Boetpsalm van benoudheid gryp Dawid die hand van die Here aan op 'n besondere manier, luister saam en mag dit vir jou tot groot seen wees
4 May 2023 51 min
32 – 52