Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
110 Episodes
52 – 72

Psalm 7: Doen aan my reg

In hierdie besondere Psalm beroep Dawid homself op die Here as sy redder, maar hy gee homself ook oor in God se hande...dit is juis hierdie aksie van oorgawe, wat 'n rus by hom meebring. Mag die Psalm vir jou tot groot seën wees!
10 May 2023 41 min

Psalm 6: In my benoudheid Here

In hierdie Boetpsalm van benoudheid gryp Dawid die hand van die Here aan op 'n besondere manier, luister saam en mag dit vir jou tot groot seen wees
4 May 2023 51 min

Psalm 5: 'n More Offer

In die Psalm rig Dawid 'n more-offer aan die Here. Hoe lyk my, en jou, oggend offers aan ons Almagtige Hemelse Vader? Luister saam
27 Apr 2023 53 min

Psalm 4: Jy is God se gunsgenoot

Psalm 4 is 'n treffende aandpsalm, waarin Dawid terug reflekteer op sy dag en besef dat hy God se gunsgenoot is en veilig by Hom is. Ons wat aan die anderkant van die kruis staan (as Dawid) is dit nog des te meer! Luister saam na Charles van Onselen en…
20 Apr 2023 47 min

Psalm 3: Onregmatige Vervolging? God se Beskerming

Ervaar jy onregmatige vervolging? Dan is jy in goeie geselskap...Dawid het Psalm 3 gesing as 'n môrelied, en neergepen, onderwyl hy deur sy seun Absalom vervolg was. Wat moet ons doen wanneer ons onregmatig vervolg word? Luister saam na hierdie oorwinnings Psalm soos bespreek deur Charles van Onselen en Louwrens…
13 Apr 2023 51 min

Psalm 2: Waarom woel die nasies (ons) so?

Waarom woel die nasies (so), en bedink die volke nietige dinge? Só begin Psalm 2; maar dit raak nie net die nasies nie...dit raak hartsnare nader aan die huis en hart as wat ons mag dink. Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Jan van Schalkwyk die heerlikheid vanuit die…
30 Mar 2023 59 min

Psalm 1: Liefdevolle vermaning

In die nuwe reeks van Heerlikheid gesels Charles van Onselen en Louwrens Viljoen oor die boek van Psalms, en vandag se prorgam, gaan oor Psalms 1. Hoe belangrik is dit vir ons as gelowiges om nog die advies van die Psalms te volg? Is die Psalms nog relevant vir vandag?…
23 Mar 2023 56 min

Bou op die Rots

Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam oor die belangrikheid van Jesus se woorde, naamlik, om op die Rots te bou: Mattheus 7:24-27 (1953) 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op…
16 Mar 2023 53 min

Pasop vir Vals Profete

Jesus maan ons aan in Mattheus 7 om te pasop vir vals profete, wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na hierdie oorsigtelike gesprek oor die tema ('n dieper, meer omvattende studie en bespreking mag later volg) Matt 7:15-18 (1953) 15 15 Maar pas op vir die valse profete wat in…
2 Mar 2023 53 min

Die Twee Paaie

In Mattheus 7:13-14 praat Jesus van die 'twee paaie', wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na Charles van Onselen en Louwrens Viljoen terwyl hul hieroor gesels.
23 Feb 2023 29 min

Bergrede: Die Goue Reël - Doen aan ander...

Meeste gelowe en filosofieë verwys na die sogenaamde 'Goue Reël', vanuit 'n negatiewe invalshoek. 'Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie'. Jesus draai dit egter om, en stel dit in 'n positiewe lig wanneer Hy sê; ' 12 "Alles wat julle dan wil hê…
16 Feb 2023 50 min

Bergrede: Brood

Watter een van ons as ouers, sal vir ons kinders klippe gee, as hul vir brood vra? Hoeveel te meer sal ons Hemelse Vader nie vir ons goeie gawes uit Sy hand gee, as ons vra daarvoor nie? Hierdie is Jesus se woorde vanuit Matteus 7:9-11, vry vertaal in ons…
9 Feb 2023 50 min

Bergrede: Bid en vir julle sal gegee word...regtig?

Hoe baie van ons as gelowiges kan nie deel in die ervaring van 'onbeantwoorde gebed' nie? Of was dit werklik onbeantwoord...? Is God dan nie 'n waarmaker van Sy Woord nie? Verseker is Hy! Wat bedoel Jesus dus wanneer Hy sê “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en…
2 Feb 2023 52 min

Begrgrede: Pas jou pêrels op

Jesus se stelling is redelik radikaal wanneer Hy sê: “Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.” ‭‭MATTHÉÜS‬ ‭7‬:‭6‬ ‭AFR53‬‬ Wat bedoel Hy daarmee? Luister…
26 Jan 2023 46 min

Die Bergrede: Moenie oordeel nie

Makliker gesê as gedaan, nie waar nie? Maar mag ons dan niks beoordeel nie? En wat is die verskil tussen veroordeel, en beoordeel? Wat is dit wat Jesus vir ons probeer tuisbring vanuit Matteus 7:1-5, wanneer Hy sê, 'haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy…
19 Jan 2023 53 min

Bergrede: Wat sê die Woord oor al ons kwellery?

Ons kan soms 'meesters' wees met ons 'kwellery', maar wat sê Jesus en die Woord hieroor? Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam hieroor, mag jy gestig word deur die Lewende Woord van God
5 Jan 2023 47 min

Bergrede: Soek Eers

Wat bedoel Jesus wanneer Hy sê dat "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." Delf saam diepers in die vers in saam met Charles van Onselen en Louwrens Viljoen
29 Dec 2022 42 min

Bergrede: Vader weet

Vader weet - ja, jou Hemelse Vader weet...wat weet Hy? Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam oor Matteus 6:31-32, waar Jesus sê dat "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na…
22 Dec 2022 47 min
52 – 72