Pasop vir Vals Profete

--:--
Jesus maan ons aan in Mattheus 7 om te pasop vir vals profete, wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na hierdie oorsigtelike gesprek oor die tema ('n dieper, meer omvattende studie en bespreking mag later volg)

Matt 7:15-18 (1953) 15
15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
2 Mar 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Smag jy na God? Psalm 42

Dors jy na God? Wat beteken dit om te smag na Hom, en wat moet ons doen van ons kant af? Mag Psalm 42 vir jou strome Lewende Water uit jou binneste laat ontspring!
25 Apr 51 min

Wat maak jy met jou wonde en letsels? Psalm 41

Dra jy wonde en letsels in jou lewe? Weet jy dat God dit tot Sy eer kan en wil gebruik? Vanuit die dieptes van siekte, pyn, en verdriet, roep Dawid uit na die Here, en red Vader hom tot in die 'allerverste' toekoms! Mag die Woord vir jou tot seën…
18 Apr 47 min

Wat om te doen as jy jou loflied, en lag, verloor het

Het jy dalk jou loflied, en lag, verloor? Die donker dieptes van die put waarin jy mag wees voel vir jou miskien menslik onmoontlik om uit te klim, en dalk is dit ook so? Ontdek weer die krag van lofprysing, en lag, in die Here, en Sy mag om te…
11 Apr 50 min

Tel jou lewe? Tel jou woorde? - Psalm 39

Is daar 'n verband tussen die tel van ons lewens, en die tel van ons woorde? Of is dit andersom? Word ons lewens nie baie keer gestuur deur die woorde wat ons spreek nie? Dink aan Spreuke 18:21 (dood en lewe lê in die mag van die tong). In dié…
4 Apr 49 min

Wanpersepsie - Psalm 38

Verloor jy soms perspektief? Dalk het jou perspektief belyning nodig met God se uitkyk? Dit gebeur soms met almal van ons. In Psalm 38 kla Dawid by die Here vanuit 'n plek van wanpersepsie. Die Psalm, wat ooglopend negatief lyk, bevat Goddelike Heerlikheid! Mag die Woord jou verkwik, versterk en…
21 Mar 46 min