Die landbouministerie het meer inligting verskaf oor presies hoe ver hy is met sy oorsig van die tegniese verslag rakende in situ-loging van uraan by Leonardville. Die projek staar sterk teenkanting van plaaslike boere in die gesig met kommer oor potensiële bedreigings vir die gebied se akwifer. Die ministerie se…
Nagenoeg 3 500 mense is gereed met hulle roosters op Loftus in Pretoria om op Erfenisdag 'n Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die plan is om Japan se 2023-rekord van 2 220 mense wat gelyktydig braai, te oortref. 'n Woordvoerder van Guinness Wolrd Record Manchester, Glenn Pollard, het aan Newzroom Afrika gesê…
Vryheid van spraak oorheers die Amerikaanse nuustoneel met beweerde politieke inmenging deur die Withuis in die Jimmy Kimmel-sage. Aktrise Angelina Jolie het die kwessie aangeraak by ‘n perskonferensie van die San Sebastian Filmfees in Spanje.
Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het sy teengifvervaardiging by sy opgeknapte fasiliteit hervat deur sy Suid-Afrikaanse Entstofprodusente-filiaal. Die eerste versending van 536 polivalente teengif-eenhede is twee weke gelede vrygestel, met nuwe voorraad wat vervaardig word. Polivalente en skerpioen-teengif sal vroeg in November beskikbaar wees en spinnekop- en boomslang-teengif teen einde November. Die…
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou tans bloedskenkingsklinieke in Khorixas en Outjo. Skenkers, veral dié met O-tipe, word aangemoedig om bloed te skenk om lewens te help red. Kosmos 94.1 Nuus het met Frieda Vatileni-Asino van die diens gesels.
Die AR-leier Job Amupanda het Dinsdag in die parlement kennis gegee dat hy vandag 'n mosie ter tafel sal lê dat Namibië van die Internasionale Strafhof onttrek. Dit volg kort op die hakke van Burkina Faso, Mali en Niger wat Maandag aangekondig het dat hulle van die hof onttrek, en…
Namibië se toerismesektor toon sterk herstel, met gemiddelde besettingsyfers wat tot dusver vanjaar 50,07 persent bereik het, teenoor 48,93 persent in 2019. Nou is die Switserse lugredery Edelweiss gereed om twee keer per week direkte vlugte tussen Zürich en Windhoek te loods vanaf Junie 2026. In 'n onderhoud met Kosmos…
Kandidaatregistrasie vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings open Vrydag amptelik. Politieke partye het tot 16 Oktober om hul kandidate te registreer, terwyl onafhanklike kandidate hul name teen 14 Oktober moet indien. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM gepraat, wat sê dat hulle steeds besig is om hul kandidate…
Die Polisiediens waarsku die publiek oor 'n uitvissing-bedrogspul waarin sy naam en kenteken gebruik word. 'n Woordvoerder, Amanda van Wyk, sê die bedrieërs stuur vals briewe of WhatsApp-boodskappe of maak intimiderende oproepe waarin hulle vals sake en polisiestasies noem om geld of persoonlike inligting te kry. Van Wyk beklemtoon dat…
President Volodymyr Zelensky het gereageer op kommentaar deur Amerikaanse president Donald Trump dat hy glo Oekraïne al sy grond wat deur Rusland beset is, kan terugneem en dat Kiëf nou moet optree, veral met Moskou wat "groot" ekonomiese probleme in die gesig staar. Dit was ‘n skokkende ommekeer deur Trump,…
Die Forum for South Africa sê president Cyril Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word vir die versuim om op te tree teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se poging om die politiekemoorde-taakspan te ontbind. In getuienis voor die Madlanga-kommissie gister het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, onthul dat hy Ramaphosa…
Amerika se president Donald Trump het tydens sy toespraak in die Verenigde Nasies se algemene vergadering skerp kritiek op die wêreldliggaam gelewer. Hy het herhaal dat hy sewe oorloë beëindig het en sê dat die VN hom nie bygestaan het nie.
Die Namibiese Gebaretaal –toep word vandag amptelik by die Walvisbaai Munisipaliteit se stadsaal bekendgestel . Die toep is ontwikkel in vennootskap met die Namibië Nasionale Vereniging van Dowes en die Konrad-Adenauer-stigting. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is daar en het met Claudia Gossouw van die stigting gesels.
Die Stad Kaapstad dring aan dat inwoners moet deelneem aan die opstel van 'n Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk vir Kensington en Factreton langs die Voortrekkerweg-korridor. Die raamwerk is 'n riglyn vir die metro wanneer hulle besluite neem oor ontwikkelingsaansoeke en grondgebruike in die gebied. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning…
Die NBC se omstrede bonusuitbetaling van 5,4 miljoen Namibiese dollar is terug in die kollig. LPM-leier Bernadus Swartbooi sê hy sal op 2 Oktober 'n mosie in die parlement ter tafel lê om die wettigheid van 'n skikking tussen die NBC direkteur-generaal en die Speaker uit te daag. Die skikking…
Botswana se president Duma Boko beoog om teen die einde van volgende maand 'n ooreenkoms te voltooi om 'n meerderheidsbelang in De Beers te verkry, selfs terwyl sy administrasie en ander potensiële kopers voortgaan met onderhandelinge met die diamantmaatskappy se beherende aandeelhouer. Anglo American Plc wil sy 85 persent belang…
Selfs presidente is onderworpe aan die ergernisse van die verkeer in New York, soos die Franse president Emmanuel Macron laat Maandag uitgevind het toe 'n polisiebeampte in die stad hom verhoed het om die straat oor te steek weens Amerikaanse president Donald Trump se motorkade. Macron het Trump van die…
Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Wet, wat op 29 Augustus 2023 in werking getree het, het aanvanklik 'n oorgangstydperk van 18 maande toegelaat wat in Februarie 2025 geëindig het. Dit is met…
Speenkalfpryse styg voor die feestyd. Desmond Cloete, bemarkingsbestuurder by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gemiddelde speenkalfpryse verlede maand met twee Namibiese dollar gestyg het, met diere wat tot 42 kilogram gewig opgetel het. Ten spyte van 'n skerp daling van 73 persent in algehele…
24 Sep 2025 12AM
1 min
2556 – 2576
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.