
Ooreenkoms oor Groenland na Rutte en Trump gesels
Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy het ná ʼn ontmoeting met Navo-hoof Mark Rutte in Davos, Switserland, ʼn raamwerk gevorm vir ʼn Groenland-ooreenkoms. Volgens berigte sluit dit onder meer heronderhandeling in van die 1951-ooreenkoms oor Amerika se militêre teenwoordigheid op die eiland. Trump het op Truth Social gesê dis nie meer nodig om tariewe te hef op Europese nasies wat sy ambisie teengestaan het nie. Rutte sê onderhandelings sal fokus op sekerheid in die hele Noordpoolstreek:

