Ooreenkoms oor Groenland na Rutte en Trump gesels

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy het ná ʼn ontmoeting met Navo-hoof Mark Rutte in Davos, Switserland, ʼn raamwerk gevorm vir ʼn Groenland-ooreenkoms. Volgens berigte sluit dit onder meer heronderhandeling in van die 1951-ooreenkoms oor Amerika se militêre teenwoordigheid op die eiland. Trump het op Truth Social gesê dis nie meer nodig om tariewe te hef op Europese nasies wat sy ambisie teengestaan het nie. Rutte sê onderhandelings sal fokus op sekerheid in die hele Noordpoolstreek:
21 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min

As jy wil dien, kyk uit vir NamPol-werwings

Vrydag gradueer 1 380 nuwe rekrute van Namibiese polisie. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die geleentheid, wat by die Oshakati Onafhanklikheidstadion plaasvind, vorm deel van die regering se pogings om polisiesigbaarheid en -teenwoordigheid binne plaaslike gemeenskappe te versterk. Sy moedig Namibiërs aan om gereeld uit te kyk vir polisie-werwingsaankondigings en…
21 May 10AM 1 min

LPM-rade 'verbind daartoe om nutsdienste-skuld te delg'

Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
21 May 10AM 1 min