
Versigtig vir samewerking met Iran waarsku kenner
Loading player...
Reaksie word ontvang op eerste minister dr. Elijah Ngurare wat vandeesweek met verskeie ambassadeurs vergader het, insluitend Egipte, Indonesië en Iran. Hy het onder andere die potensiële uitvoer van Namibiese beesvleis na Iran bespreek, sowel as tegniese samewerking in die bou van kragsentrales. Samewerking in kernkrag is ook nie uitgesluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Henning Melber gepraat, wat 'n waarskuwing rig.

