Walvis DBV se honde ontsnap na hokke oopgemaak is

Loading player...
Twee honde het vanoggend daarin geslaag om by die Walvisbaai-DBV te ontsnap nadat onbekende persone die hokke oopgemaak het en verskeie honde in die vroeë oggendure vrygelaat het. Terwyl een van die honde gevind is, word een steeds vermis. Die DBV se Linn Giliomee sê een van die vermiste honde, Max, kan op die DBV Walvisbaai se Facebook-blad geïdentifiseer word, terwyl pogings voortduur om hom op te spoor.
22 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging

Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie…
22 Jan 5AM 1 min

Landbou sukkel aan met minimumloon, owerhede sal weer genader word

Die minimumloon bly in die nuus en is veral uitdagend vir landbou omdat die sektor nie kon onderhandel soos sekuriteitsmaatskappye gedoen het nie. Die loon is in sy tweede jaar en staan tans op 14 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof…
22 Jan 5AM 1 min

Venus se nasionale werkskepping sal gering wees

Reaksie kom in oor die finale omgewings- en maatskaplike impakbepalingsverslag vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-olieveldprojek. Volgens die verslag sal die indiensnemingsimpak van die projek klein wees op nasionale vlak. In die konstruksiefase sal na raming 2 500 werksgeleenthede geskep word, waarvan 2 000 indirek geskep word by maatskappye…
22 Jan 5AM 1 min

EIF voltooi behandeling van 17 boorgatterreine

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, in vennootskap met die landbou- en waterministerie, het 'n vierjaarprogram voltooi om waterversagting- en behandelingstegnologieë by 17 boorgatterreine in verskeie streke uit te rol. Dit het toegang tot veilige en drinkbare water vir landelike gemeenskappe aansienlik verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die woordvoerder…
22 Jan 4AM 1 min