Militêre oefeninge bedreig Agoa

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is van kritiese belang vir ekonomiese herstel, werkskepping en groei. Die party sê die ANC se huidige buitelandse beleid, insluitend militêre bande met China, Rusland en Iran, bedreig toegang tot Amerikaanse markte en kan duisende werksgeleenthede in gevaar stel. Jaco Mulder van die VF Plus sê die regering moet 'n verantwoordelike, handelsgerigte buitelandse beleid aanneem om uitvoere te beskerm:
22 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvis DBV se honde ontsnap na hokke oopgemaak is

Twee honde het vanoggend daarin geslaag om by die Walvisbaai-DBV te ontsnap nadat onbekende persone die hokke oopgemaak het en verskeie honde in die vroeë oggendure vrygelaat het. Terwyl een van die honde gevind is, word een steeds vermis. Die DBV se Linn Giliomee sê een van die vermiste honde,…
22 Jan 3AM 1 min

Nieu-Seelandse owerhede skarrel na grondverskuiwing by kampterrein

Talle mense waaronder minstens een kind word vermis ná ʼn grondstorting op ʼn kampterrein by die gewilde Mount Maunganui aan die ooskus van Nieu-Seeland. In groot dele van die Noord-eiland het swaar reën chaos veroorsaak en in sommige gebiede het ʼn maand se reën binne 12 ure geval. Nieu-Seeland se…
22 Jan 3AM 1 min

Trump se toespraak was nutteloos - Newsom

Die ommekeer deur president Donald Trump oor Groenland behoort as geen verbasing te kom nie. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom sê by Davos dat met die dollar wat val, markte wat in chaos is en goud wat die hoogte in skiet het president Trump nie eintlik ‘n keuse gehad nie.
22 Jan 2AM 1 min

Polioinenting vorder goed in Omaheke

Die direkteur van gesondheidsdienste in die Omaheke-streek, Jeremia Shikulo het met die nasionale uitsaaier oor die Nasionale Polioinenting-veldtog gepraat. Die inentings kom na poliovirus tipe 2 in ‘n riooldam by Rundu bevestig is. Die veldtog is voorkomend en geen gevalle is tot dusver in die land bevestig nie.
22 Jan 1AM 1 min

Wes-Kaapse hospitale sukkel met 27 000 gevalle met mes-, skietwonde

Die DA sê nagenoeg 27 000 gevalle van gewelddadige trauma oor ses maande plaas ernstige druk op hospitale in die Wes-Kaap. Tussen Junie en November verlede jaar is meer as 3 000 pasiënte met skietwonde opgeneem, terwyl meer as 23 700 behandeling vir messteke moes kry. Memory Booysen van die…
22 Jan 1AM 1 min