
Wes-Kaapse hospitale sukkel met 27 000 gevalle met mes-, skietwonde
Loading player...
Die DA sê nagenoeg 27 000 gevalle van gewelddadige trauma oor ses maande plaas ernstige druk op hospitale in die Wes-Kaap. Tussen Junie en November verlede jaar is meer as 3 000 pasiënte met skietwonde opgeneem, terwyl meer as 23 700 behandeling vir messteke moes kry. Memory Booysen van die DA waarsku noodsentrums en trauma-eenhede word oorlaai, wat hulpbronne van ander mediese sorg wegneem:

