EIF voltooi behandeling van 17 boorgatterreine

Loading player...
Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, in vennootskap met die landbou- en waterministerie, het 'n vierjaarprogram voltooi om waterversagting- en behandelingstegnologieë by 17 boorgatterreine in verskeie streke uit te rol. Dit het toegang tot veilige en drinkbare water vir landelike gemeenskappe aansienlik verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die woordvoerder van die fonds gepraat.
22 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreldorde ervaar tektoniese verskuiwings - Merz

Die Duitse kanselier Friederich Merz sê tektoniese verskuiwings vind in die wêreld orde plaas en hy maan dat Europa moet saam staan en eenheid bevorder. Hy het die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek.
22 Jan 5AM 1 min

Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging

Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie…
22 Jan 5AM 1 min

Landbou sukkel aan met minimumloon, owerhede sal weer genader word

Die minimumloon bly in die nuus en is veral uitdagend vir landbou omdat die sektor nie kon onderhandel soos sekuriteitsmaatskappye gedoen het nie. Die loon is in sy tweede jaar en staan tans op 14 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof…
22 Jan 5AM 1 min