Nieu-Seelandse owerhede skarrel na grondverskuiwing by kampterrein

Loading player...
Talle mense waaronder minstens een kind word vermis ná ʼn grondstorting op ʼn kampterrein by die gewilde Mount Maunganui aan die ooskus van Nieu-Seeland. In groot dele van die Noord-eiland het swaar reën chaos veroorsaak en in sommige gebiede het ʼn maand se reën binne 12 ure geval. Nieu-Seeland se Brand-en-nooddiens se bevelvoerder, William Pike, sê reddingswerkers en snuffelhonde soek deur die puin na oorlewendes:
22 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging

Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie…
22 Jan 5AM 1 min

Landbou sukkel aan met minimumloon, owerhede sal weer genader word

Die minimumloon bly in die nuus en is veral uitdagend vir landbou omdat die sektor nie kon onderhandel soos sekuriteitsmaatskappye gedoen het nie. Die loon is in sy tweede jaar en staan tans op 14 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof…
22 Jan 5AM 1 min

Venus se nasionale werkskepping sal gering wees

Reaksie kom in oor die finale omgewings- en maatskaplike impakbepalingsverslag vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-olieveldprojek. Volgens die verslag sal die indiensnemingsimpak van die projek klein wees op nasionale vlak. In die konstruksiefase sal na raming 2 500 werksgeleenthede geskep word, waarvan 2 000 indirek geskep word by maatskappye…
22 Jan 5AM 1 min

EIF voltooi behandeling van 17 boorgatterreine

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, in vennootskap met die landbou- en waterministerie, het 'n vierjaarprogram voltooi om waterversagting- en behandelingstegnologieë by 17 boorgatterreine in verskeie streke uit te rol. Dit het toegang tot veilige en drinkbare water vir landelike gemeenskappe aansienlik verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die woordvoerder…
22 Jan 4AM 1 min