US Woordfees 2017: Skrywersfees

2017: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2017.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
78 Episodes
20 – 40

HARRY KALMER:
OP SOEK NA BRAM FISCHER

Aangebied deur Wits University Press Harry wou ’n toneelstuk skryf wat mense roer soos net teater kan. Maar dit het
eers roerend lewe gekry ná sy geprekke met mense na aan Bram, soos struggle- aktivis en Rivonia-beskuldigde Denis Goldberg, die vriend in wie se arms Bram die laaste twee nagte in…
9 Mar 2017 54 min

MARGARET BAKKES - ONS VIER ’N LEWE

Die Stormberge is armer ná die afsterwe verlede jaar van die fier rooikopskrywer Margaret Bakkes, niggie van skryfgenoot Hennie Aucamp. Twee van haar seuns, die reisskrywer en pelgrim Johan Bakkes en Marius, ’n joernalis, en vriendin Reneé Conradie onthou die ma agter die skrywer, wat ondanks vier robuuste kinders in…
9 Mar 2017 44 min

NEDERLANDS EN DIE INVLOED VAN DIE ‘INKOMMERS’

Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum van Neerlandistiek en Nederlandse Taalunie Berbers, Indies, Arubaans ... soveel kulture, soveel invloede. Wat is die impak daarvan op die Nederlandse taal en
hoe vergelyk dit met Afrikaans? Digter Alfred Schaffer, self van Arubaans- Nederlandse afkoms, gesels met die Amsterdamse skrywer Abdelkader Benali, wat in…
9 Mar 2017 52 min

ZELDA ROWAN: NONNIE DE LA REY – PIONIER VAN DIE WES-TRANVAAL

Aangebied deur Kraal Uitgewers Nonnie was méér as net die vrou van genl. Koos de Rey. Sy was vreesloos in haar oortuigings. Tydens die Boereoorlog het sy ’n swerwersbestaan verkies bo oorgawe aan die Engelse. Fransjohan Pretorius en Dioneé Prinsloo van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gesels met…
9 Mar 2017 55 min

ALWAYS ANASTACIA: A TRANSGENDER LIFE IN SOUTH AFRICA

Medical doctor Anastacia Tomson discusses transgendered identities with photographer Robert Hamblin and opens up about her courageous account of embracing her own truth – as the woman she has always been.
9 Mar 2017 59 min

IRMA VENTER: SIRKUS

Aangebied deur NB-Uitgewers Dis die 80’s, Johannesburg. Adriana de Klerk is 18. Haar pa, wat geld vir die ANC ingesamel het, is doodgeskiet en die Veiligheidspolisie staan voor haar deur. Ronel Nel gesels met Irma oor haar vyfde S-misdaadroman en haar hoofkarakter, wat uiteindelik in Berlyn haar talent om messe…
9 Mar 2017 53 min

MARIÉ HEESE: MAESTRO

Aangebied deur NB-Uitgewers Marié gesels met Amanda Botha oor die vroeë lewe van die beeldhouer Bernini terwyl sy besonderse beeldmateriaal uit haar navorsing vir Maestro deel. Sy beskryf Rome in die 1600’s, vertel hoe korrup die Kerk was, maar tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars, en hoe Bernini sy stem…
9 Mar 2017 56 min

IAN WESSELS:
GENADE! EDELAGBARE – HUMOR IN DIE HOF

Aangebied deur LAPA Uitgewers Dié bekende RSG-aanbieder se versameling sketse gaan oor die bisarre
tot skreeusnaakse dinge wat soms agter die strak gesig van die reg plaasvind.
Sélf ’n regsgeleerder in die strafhof weet misdaadskrywer Dibi Breytenbach waarvan hy praat, en deel sy ook ’n paar staaltjies.
9 Mar 2017 47 min

‘STEP INTO OTHER PEOPLE’S SHOES AND TRY ON THEIR HATS’

Dié reël kom uit Lionel Shriver se toespraak by Brisbane se skrywersfees verlede jaar. Sy het die vraagstuk ondersoek of skrywers
in ander kulture se skoene kan klim, en haar praatjie gelewer met ’n sombrero op haar kop. John Miles, Darryl David, Sylvia Vollenhoven en Jolyn Phillips gesels met Bettina Wyngaard…
9 Mar 2017 1 hour

LINA SPIES: SULAMIET

Aangebied deur Naledi In Sulamiet is Lina aan die woord by monde van die Sulamitiese geliefde van Salomo in ‘Hooglied’. Naas erotiek word die aardse paradys herstel deur alle vorme van die liefde. Lina gesels met Andries Visagie oor Jesus as rabbi wat ons leer om te leef, terwyl die…
9 Mar 2017 57 min

DANNY FOURIE: HOE VERKLAAR JY DIT?

Aangebied deur Penguin Random House Die gelyknamige RSG-program wil die wêreld minder vreemd maak, en dít doen hulle al 37 jaar lank! Met die boek op die rak word al die interessantste vrae en antwoorde nou byeengebring.
9 Mar 2017 1 hr 04 min

CARLA VAN DER SPUY: JOEY HAARHOFF WAS HAAR MA

Aangebied deur LAPA Uitgewers Amor van der Westhuyzen se ma was Joey Haarhoff – dié Joey wat saam met pedofiel Gert van Rooyen 6 meisies in die 80’s ontvoer en ’n koeëldood gesterf het tydens ’n polisiejaagtog. Carla het Amor se storie gedokumenteer in Mishandel, misbruik, misken. Die twee vroue…
9 Mar 2017 1 hr 01 min

MARTIN STEYN: SWARTVAL

Aangebied deur LAPA Uitgewers Sy spanningsverhaal – oor ’n ontvoerder en verkragter – is as grensverskuiwend beskryf. Dit is ’n verhaal waarin Martin
die leser saamneem op die lang pad van heling wat vir ’n verkragtingslagoffer voorlê en waarvoor hy intensief, en dikwels met vrouelesers as klankbord, navorsing gedoen het. Jono…
8 Mar 2017 42 min

BILL NASSON: HISTORY MATTERS

Presented by Penguin Random House One of South Africa’s most popular and highly respected historians reflects on a career spanning 4 decades. Naomi Meyer probes Bill about a life steeped in South Africa’s past and touches on a variety of topics that are close to his heart, such as the…
8 Mar 2017 51 min

MARITA VAN DER VYVER, FANIE VILJOEN EN JAN VERMEULEN: WOEDE, WRAAK EN WITWARM AK

Aangebied deur LAPA Uitgewers Drie bekroonde jeugskrywers; drie splinternuwe, grensverskuiwende tienerboeke. Mia Oosthuizen
gesels met die wenners van LAPA se jeugromankompetisie oor die uitdagings van ’n genre waarvan die lesers voortdurend verander en skrywers moet tred hou met sosiale onderstromings om in pas te bly.
8 Mar 2017 58 min

HANS DU PLESSIS EN RONEL NEL: GEREGTIGHEID EN DIE WAARHEID

Aangebied deur LAPA Uitgewers Hans se Tussen die klippe en Ronel
se Pelgrimshoop vra altwee waar die streep tussen die reg en waarheid nou eintlik lê. Sophia Kapp vra die skrywers uit oor hulle lekkerleesromans wat terselfdertyd morele kwessies opper.
8 Mar 2017 48 min
20 – 40