‘STEP INTO OTHER PEOPLE’S SHOES AND TRY ON THEIR HATS’

Dié reël kom uit Lionel Shriver se toespraak by Brisbane se skrywersfees verlede jaar. Sy het die vraagstuk ondersoek of skrywers
in ander kulture se skoene kan klim, en haar praatjie gelewer met ’n sombrero
op haar kop. John Miles, Darryl David, Sylvia Vollenhoven en Jolyn Phillips gesels met Bettina Wyngaard oor identiteit
en kulturele appropriasie in fiksie.