Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
190 Episodes
160 – 180

Vergewe God ons net as ons ons skuldenaars vergewe?

Bergrede: Wanneer Jesus ons leer om te bid, 'vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;' wat bedoel Hy? Vergewe Hy ons net as ons ons skuldenaars vergewe? Luister saam onderwyl Charles en Louwrens delf vir meer insig en heerlikheid vanuit die Woord oor die kritiese beginsel.
29 Sep 2022 49 min

Bergrede: Gebed: Deel 2 - Onse Vader

In hierdie episode praat Charles en Louwrens oor die aanhef van die Onse Vader vanuit Matteus 6:'9 "Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word" - ondersoek saam met hulle die betekenis van hierdie treffende inleiding.
8 Sep 2022 44 min

Bergrede: Gebed (Deel 1)_Bid tot jou Vader

Wat beteken dit om te bid tot ons Vader (in die geheim), en dat Hy weet wat ons nodig het? Kuier saam met Charles en Louwrens oor hierdie onderwerp en geniet saam die Heerlikheid van God se Woord en teenwoordigheid. Mag jy geseënd bly en groei in ons Vader se…
1 Sep 2022 55 min

Die Bergrede_ Linker en Regterhand Gee (Geld en ander)

Wat bedoel die Skrif wanneer dit sê dat ons linkerhand en regterhand 'anoniem' moet bly wanneer ons gee? Kuier saam met Charles en Louwrens onderwyl hul saam soek na die Heerlikheid uit die Woord rondom die beginsel.
25 Aug 2022 48 min

Die Bergrede: Volmaakte Liefde

In die afsluiting van Matteus 5 gesels Charles en Louwrens oor wat volmaakte liefde beteken, dit is, hoe om lief te wees vir ander, soos wat Jesus was. Luister saam na hierdie interressante gesprek.
18 Aug 2022 50 min

Die Bergrede: Ja, ja en Nee, nee

In Matteus 5:33-37, beveel Jesus ons dat ons Ja, ja moet wees, en Nee, nee...wat bedoel Hy daarby? Charles en Louwrens ondersoek hierdie Skrif saam 33“Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en 'n…
4 Aug 2022 48 min

Die Bergrede: Egskeiding

Hoe verstaan ons Jesus se bevel in Matteus 5:31-32 rondom Egskeiding 31“Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ 32Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die…
28 Jul 2022 49 min

Die Bergrede - Pluk dit uit en kap dit Af!

Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het om jou oog uit te pluk, en jou hand af te kap, as dit jou laat struikel? Charles en sy gas, Pastoor Louwrens Viljoen, ondersoek die Skrif en die Heerlikheid daarvan saam.
21 Jul 2022 48 min

Die Bergrede: Hoe om sonder wellus te lewe

Wat beteken dit om sonder wellus te lewe, dus, om nie na iemand op 'n begeerlike wyse te kyk nie? Hoe sluit ons 'n verbond met ons oë? Charles en sy gas vir die dag, Pastoor Pierre Vigoureux, gesels hieroor, en nog meer
14 Jul 2022 48 min

Die Bergrede: Kwaad wees sonder rede

In die episode gesels Charles en een van sy nuwe gaste, Ronéll van Rooyen, oor wat Jesus bedoel het toe Hy verwys het na kwaad wees vir iemand, sonder rede...en wat is die repurkussies daarvan - luister saam na hierdie interessante gesprek
23 Jun 2022 43 min

Die Bergrede - Geregtigheid

Hoe verstaan ons die Wet en hoe kan ons geregtigheid die van die Fariseërs oorskry? Charles en Louwrens kuier verder hieroor
16 Jun 2022 46 min

Die Bergrede - Die Vervulling van die Wet_Deel2

Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het daar mag nie een jota of tittel van die Wet verander word nie? Sluit aan by Charles van Onselen en Louwrens Viljoen vir hul perspektiewe hieroor.
9 Jun 2022 46 min

Geseënd is jy wanneer jy vervolg word.

Hoe verstaan ons dit as geseënd wees? Hoe kan ek en jy geseënd wees wanneer ons vervolg word? Die Woord bevat die antwoord. Kuier saam met Charles van Onselen en Pierre Vigoureux rondom hierdie onderwerp
19 May 2022 45 min
160 – 180