Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
190 Episodes
1 – 20

Met vreugde

In hierdie aflewering gesels Christine met Michelle Louw oor velsorg-geheime. Susan Coetzer kom kuier in die ateljee om oor haar jongste roman en die vreugdes in die lewe van ‘n gelowige te gesels.
18 Mar 1 hr 32 min

Om totsiens te sê…

Sonja Smith vertel oor hoe om voor te berei vir jou heengaan en wat om te doen as ‘n geliefde onverwags tot sterwe kom. Armandina Adams gee raad en wenke vir vroue oor hoe om na hul emosionele welstand om te sien.
11 Mar 1 hr 31 min

Dink jouself gelukkig!

Christine gesels met Isabella Niehaus oor Skepselkos, haar en Louis Janse van Vuuren se jongste kookboek. Dr. Pieter van Jaarsveld vertel daarna meer oor hoe om jouself gelukkig te dink.
4 Mar 1 hr 40 min

'n Suksesvolle onderneming & hanteer woede so

Milanie Vosloo vertel meer oor haar geloofspad rondom haar sake-onderneming wat vanjaar 40 jaar oud is. Prof. Wentzel Coetzer geses met ons oor woede en hoe om dit korrek te bestuur. Kom luister saam!
25 Feb 1 hr 35 min

Bybelse Blokraaie, die Bybelse vas en Mighty Woman in God

In hierdie aflewering gesels Heidri Mittendorf, die samesteller van Bybelblokraaie en ander woordspeletjies, oor die lekker van blokraai. Ilse Roux vertel meer van die Bybelse vas en Estelle Rossouw vertel van die Might Woman in God-wegbreeknaweek wat eersdaags in Parys in die Vrystaat plaasvind.
11 Feb 1 hr 29 min

Ken jouself

Is jy breinbehendig en ken jy jou breinprofiel? Trudie en Deon Badenhorst van Neuroworx kuier in die ateljee om hieroor te gesels. Michelle le Roux van Karus Skincare deel haar getuienis en vertel van ‘n ongewone reeks skoonheidsprodukte gemaak van turksvypitolie.
4 Feb 1 hr 35 min

Jou jaar van vreugde

Maak 2025 jou jaar van vreugde. Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee om oor geestelike groei, vergifnis en vrede te gesels. Luchelle Erasmus vertel van ‘n spesiale vroue-oggend met die tema, Stories van hoop, wat binnekort plaasvind.
28 Jan 1 hr 27 min

Altyd mooi

Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die Wêreldwaarnemingslys vir 2025 wat pas bekendgestel is. Liezl Zene & Sonja Eloff gesels daarna oor slim aantrek en klerekasbeplanning vir plusgrootte en petite vroue.
21 Jan 1 hr 36 min

Aan die begin van 'n nuwe jaar

Ds. Ronell Bezuidenhout gesels oor Woestynwysheid – antieke riglyne vir toekomsgerigte mense. Zuleka Smit oor deel wenke vir Mamma’s met ‘n kleinding wat vir die eerste keer skool toe gaan. Prof Cas Vos kom gesels oor sy jongste boek oor die Psalms en Sandy Schoeman, wenner van die NB-uitgewers Kinderboekkompetisie…
7 Jan 1 hr 39 min

Met Hart en Siel - 31 Des 2024

Christine Ferreira gesels met Rita Venter, Barend Vos, Riette van Watt om 2024 af te sluit en die nuwe jaar, 2025, binne te gaan
31 Dec 2024 1 hr 27 min

Met Hart en Siel - 24 Des 2024

Christine Ferreira gesels met Wendy Maartens, Rudi Swanepoel, Melissa Bothma, Tom Smit en Hendrik van Deventer in vandag se Met Hart en Siel
24 Dec 2024 1 hour

Vakansie Leesstof

Christine gesels vanoggend met verskeie skrywers oor hul nuwe boeke - lekker vakansie leesstof net vir jou! Helena Hugo: Blomme vir Berdine & Die grootste hiervan is die liefde Elize Parker: Waar die doringbome sing Frenette van Wyk: Stryd vir liefde Louise Viljoen: Toevlug
17 Dec 2024 1 hr 16 min

Kos & kuns

Entrepeneur en sakevrou, Nini Strydom, gesels haar spyseniering- en dekoronderneming en die pad wat die Here met haar gestap het tot hier. Syskermdruk-kunstenaar, Korien Sander, deel haar geloofsreis van geoktroïeerde rekenmeester tot voltydse kunstenaar.
10 Dec 2024 1 hr 09 min

Leef suksesvol

In hierdie aflewering gesels Hykie Berg oor die geheime van ‘n suksesvolle lewe. Ina Nortjé kom vertel meer oor die Jakaranda Kinderhuis se jaarlikse Liggiefees en Prof Wentzel Coetzer vertel waarom angs die nuwe depressie is.
3 Dec 2024 1 hr 32 min

Johnny Davids deel sy hart

Die bekende televisie-aanbieder Johnny Davids deel sy hart oor die goue draad van guns en genade wat deur sy lewe loop. Milanie Vosloo gesels oor haar nuwe dagstukboek Kaalvoet Sielsgedagtes. En die bekende televisie-aanbieder
12 Nov 2024 1 hr 23 min

Tieners en hul emosies

In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en…
29 Oct 2024 1 hr 37 min

Joodse Feesdae

Pastoor Marielle de Vos en kreatiewe joernaalkunstenaar en entrepreneur, Karin Beukes, kuier in die ateljee en daar word onder meer gesels oor die afgelope Joodse feesdae, asook die skep van ‘n kreatiewe kunsjoernaal en Bybelstudieboek oor die Berge van die Bybel. Adeline Ashkenazi kom vertel meer oor haar buitengewone bediening/onderneming…
22 Oct 2024 1 hr 38 min

Vroue en hul finansies

Finansiële adviseur Vanessa Zandberg kuier in die ateljee en word daar gesels oor vroue en hul finansies. Sonja Goldberg vertel meer oor haar jongste dagstukkieboek Kom saam Wysheid vir jou lewensreis.
15 Oct 2024 1 hr 30 min
1 – 20