Bank Windhoek het die 26ste uitgawe van sy Kankerappelprojek van stapel gestuur, wat vanjaar die kollig op kinderkanker plaas. Die veldtog sit sy vennootskap met die Kankervereniging van Namibië voort om fondse in te samel en bewustheid te verhoog. Sedert 2000 het die inisiatief meer as 38 miljoen Namibiese dollar…
Rooftogte het boaan die Namibiese Polisie se jongste misdaadverslag gestaan. Verskeie voorvalle is in Windhoek en ander dorpe aangeteken, met slagoffers wat met vuurwapens, messe en pangas gedreig is, terwyl selfone, kontant en selfs 'n taxi gesteel is. Michael Nieuwoudt van Namibia Investigation Services het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het die belangrikheid van volhoubare jag vir Namibië se bewaringsgemeenskappe herhaal. Tussen 2014 en 2024 het jagaktiwiteite meer as 292,5 miljoen Namibiese dollar vir gemeenskappe gegenereer, hoër as die 166,3 miljoen wat deur gesamentlike ondernemingstoerisme ingebring is. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Hannes du…
Die DA in Gauteng waarsku slegs 63-miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die provinsiale begroting toegewys om die bek-en-klouseer-uitbreking te bestry. Dit is kommerwekkend vir boere wat worstel met onverkoopte vee, stygende voerkoste en ekonomiese onsekerheid. Die DA-lid, Bronwynn Engelbrecht, sê die landboudepartement ontvang altesaam slegs 742-miljoen-rand. Sy beklemtoon dringende inentings,…
Die Internasionale Energie-agentskap het die grootste vrystelling van staatsoliereserwes in sy geskiedenis beveel in 'n poging om die olieprysskok wat veroorsaak is deur die VSA-Israeliese aanvalle op Iran te kalmeer. Al 32 lede van die wêreld se energiewaghond het eenparig ingestem om ongeveer 400 miljoen vate nood-ruolie vry te stel,…
Privaatsektor kredietverlening het in Januarie vanjaar tot 4,1 persent gedaal vanaf 4,4 persent in Desember 2025. FNB Namibië sê dit weerspieël 'n sagter begin van die jaar, ten spyte daarvan dat dit effens bo die groei van 4,1 persent was in Januarie 2025. Dit is hoofsaaklik gedryf deur 'n verlangsaming…
AfriForum is bekommerd oor die polisie se veediefstal-statistieke vir Oktober en Desember 2025 en sê dit skep 'n verwronge beeld van die probleem. Die polisie het 'n afname van 9,6-persent aangeteken, maar AfriForum sê eintlik het die gevalle effens gestyg tussen die tweede en derde kwartaal. Woordvoerder Hennie Bekker waarsku…
Die Namibiese Filmkommissie open môre amptelik Filmweek 2026, wat tot Sondag duur. Die Filmweek sal 159 films uit 16 Afrikalande, insluitend Namibië vertoon. Die program sal 'n reeks paneelbesprekings, meesterklasse en praktiese werkswinkels insluit wat fokus op sleutelaspekte van filmvervaardiging. Die vertonings word by Nust in Windhoek aangebied tussen 10-uur…
Swanu-parlementslid Evilastus Kaaronda het in die Nasionale Vergadering gevra waarom geen formele korrupsie-ondersoek of polisie-arrestasie teen die geskorste uitvoerende hoof van Meatco, Patrick Liebenberg, gemaak is nie. Liebenberg staan tereg op 26 dissiplinêre aanklagte, insluitend die beweerde wanbesteding van meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar en bande met die verdwyning…
NamPower voer tans streekskonsultasies oor sy aansoek om 'n verhoging van 8,4 persent in grootmaattariewe vir die 2026/27-boekjaar. Tydens 'n konsultasie wat in samewerking met die Elektrisiteitsbeheerraad in Swakopmund aangebied word, het die hoof van elektrisiteitsprysbepaling by NamPower, Desdemona Lubinda, verduidelik dat die toenemende skuld 'n sleutelfaktor is wat die…
Die verdedigingsadvokaat, Sinenhlanhla Mnguni, sê bewerings dat die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Matondze, onwettig in Suid-Afrika woon, is steeds nie bewys nie. Die twee staan tereg oor 'n skietvoorval by hulle huis in Hydepark en het intussen hul borgtogaansoek laat vaar in…
Stedelike ontwikkelingminister James Sankwasa het Jacky Brits as die amptelike Basterkaptein herken. Rehoboth sal ook amptelik erken word as 'n tradisionele owerheid. Dit kom na Brits se verkiesing in 2021 in die hoërhof en hoogeregshof deur Rynault van Wyk betwis was. Albei howe het Van Wyk se aansoeke van die…
Die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne sê daar is geen onmiddellike gevaar van brandstoftekorte in die lande nie, ondanks die konflik in die Midde-Ooste. Suid-Afrika het twee werkende olieraffinaderye, Natref en Astron Energy, asook Sasol se steenkool-tot-olie-aanleg in Secunda wat ’n belangrike rol speel in plaaslike brandstofproduksie. Woordvoerder Lerato…
Demokrate sê president Donald Trump is ‘n leuenaar en het geen werklike rede vir die aanval op Iran nie. Sommige sê miljoene Amerikaners het gesondheidsdekking verloor maar daar is ‘n miljard Amerikaanse dollar daagliks vir ‘n oorlog. Die Demokraat en minderheidsleier in die Senaat, Chuck Schumer het met die media…
Die Stad Windhoek hou 'n vier-dag strategiese vergadering by Gross Barmen om sy begroting te bespreek. Dit sal fokus op 'n hersiening van vordering en uitdagings in die implementering van die Stad se Strategiese Plan vir 2022 tot 2027, en hoe dit die begroting vir die 2026/2027-boekjaar sal beïnvloed. Kosmos…
Reaksie word ontvang op die inligtingminsiterie wat werwing van 'n inligtingkommisaris en adjunk-inligtingkommisaris stopgesit het nadat dit in koerante geadverteer was. Inligtingminister Emma Theofelus het in 'n brief aan die Nasionale Vergadering gesê dit is nodig weens 'n gebrek aan openbare konsultasies. Intussen stel dit implementering van die Wet op…
Suid-Afrika sal na verwagting weens die oorlog in die Midde-Ooste vleispryse sien daal, omdat uitvoere daarheen nie moontlik sal wees nie. Namibië het ook al in 2023 toegang tot die Midde-Oosterse mark gekry maar voer nog nie daarheen uit nie. 'n Verhoging in voedselpryse kan egter verwag word weens stygende…
Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, eis dat die regering landelike veiligheid verseker en uitsprake veroordeel wat haat verheerlik, veral ten opsigte van die dreunsang “Kill The Boer”. Die Konstitusionele Hof het verlede jaar AfriForum se appèlaansoek verwerp teen die Appèlhof se beslissing dat dit nie haatspraak is…
11 Mar 5AM
1 min
572 – 592
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.