Napha beklemtoon weer voordele van jag vir bewareas

Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het die belangrikheid van volhoubare jag vir Namibië se bewaringsgemeenskappe herhaal. Tussen 2014 en 2024 het jagaktiwiteite meer as 292,5 miljoen Namibiese dollar vir gemeenskappe gegenereer, hoër as die 166,3 miljoen wat deur gesamentlike ondernemingstoerisme ingebring is. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Hannes du Plessis gesels wat sê ten spyte van die toenemende druk van internasionale anti-jag-voorspraakgroepe, bied trofeejag nie net finansiële ondersteuning nie, maar ook lewensonderhoud vir hierdie gemeenskappe.
12 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vergeet van geen werk, kom ons gesels nepotisme

Terwyl die gesprek oor die werkloosheid van gegradueerdes voortduur, sê IPC-leier Panduleni Itula dat nepotisme en polities-beïnvloede aanstellings meriete-gebaseerde werwing benadeel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Itula dat die voorkeur van konneksies bo kwalifikasies dienslewering verswak en nasionale ontwikkeling vertraag.
6 May 6AM 1 min

Meatco onttrek van Zamco-ooreenkoms in Katima

Meatco het bevestig dat sy ooreenkoms met Zamco vir die Katima Mulilo-abattoir amptelik tot 'n einde gekom het. 'n Gestruktureerde oorgangsplan is reeds in werking en sal tot 30 Junie duur om 'n ordelike oorhandiging aan Zamco te verseker. Meatco sal sy bedrywighede geleidelik daar afskaal. Interim uitvoerende hoof Albertus…
6 May 6AM 1 min

Ekonoom verduidelik impak van Amerikaanse dollar op kommoditeite

Amerikaanse dollarpryse het vir meer as 'n week in die omgewing van 16 teenoor die rand gebly. Oliepryse is hoog vanweë markpersepsie oor nuwe geopolitieke ontwikkelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, die Suid Afrikaanse ekonoom gepraat, oor die verband tussen kommoditeitspryse en die Amerikaanse geldeenheid, en hoe dit…
6 May 5AM 1 min

Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie

President Cyril Ramaphosa het weer bevestig dat Suid-Afrikaners nie inherent teen mense van ander Afrikanasies is nie. Hy het gister in Pretoria met president Daniel Francisco Chapo van Mosambiek vergader, waar hulle uitgebreide gesprekke oor sake van gemeenskaplike belang gevoer het. Dit volg nadat Nigerië, Ghana en Mosambiek amptelik by…
6 May 5AM 1 min

Reuse pypbreuk los sentrale Ohangwena droog

Sentrale gedeeltes in die Ohangwena-streek is tans sonder water na ‘n massiewe pypbreuk en tegniese spanne werk sedert Dinsdag om die kwessie uit te sorteer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Namwater, Lot Ndamanomhata gepraat wat meer inligting oor die onderbreking het.
6 May 4AM 1 min