Namfisa, dorpsrade dop regstellende-aksietoets

Loading player...
Groot werkgewers soos Namfisa, die Oshakati- en Outapi-dorpsrade, NovaNam Group, City Lodge Hotels, Nutam Operations en AB InBev Namibia se regstellende-aksieverslae is deur die Diensbillikheidskommissie na onlangse hersieningspaneelverhore afgekeur, nadat bemiddeling onsuksesvol was. Die kommissie sê die verslae het onder meer nie voldoen aan vereistes oor die aanstelling van gekwalifiseerde Namibiërs en oordrag van vaardighede aan Namibiërs nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se adjunkvoorsitter, Rauha Haufiku, gepraat.
11 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zimbabwies-Britse moordverdagte in SA vasgetrek

Interpol en die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad het 'n Zimbabwies-Britse burger, Mkhanyisi Tshuma, in hegtenis geneem. Hy word deur die Britse owerhede gesoek vir die beweerde moord van sy vrou en twee dogters. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die 45-jarige is opgespoor na 'n Interpol-rooi kennisgewing en hy is vyf…
11 Jul 4AM 1 min

Nog baie om te doen om korrupsie te beveg

Vandag is Afrika Teenkorrupsiedag, met vanjaar se tema: “Die Verskerping van die Bevordering van Integriteit en Teenkorrupsie-aksies reg oor Afrika”. 'n Sleutelfokus is die versterking van beskerming en ondersteuning vir integriteitsvegters, fluitjieblasers en teenkorrupsie-aktiviste. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië steeds…
11 Jul 3AM 1 min

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort!

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.
11 Jul 2AM 1 min

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:
11 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:
11 Jul 12AM 1 min