
Bek-en-klouseer bedreig boere, werksgeleenthede en ekonomie
Loading player...
Bek-en-klouseer het die potensiaal om boerderybedrywe, werksgeleenthede en lewensbestaan te vernietig. Dit is die waarskuwing van die Presidensiële Taakspan vir Ekonomiese Herstel en Transformasie, wat vra vir dringende samewerking tussen die regering en die veebedryf om uitvoermarkte te heropen, boere te beskerm en te voorkom dat die uitbreking in ’n groter ekonomiese krisis ontaard. Die voorsitter van die taakspan, Dagmar Honsbein, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

