Gesondheidsamptenare ondersoek oor medisyne tekorte

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sommige amptenare van die gesondheidsministerie word deur die Teenkorrupsiekommissie ondersoek te midde van voortslepende medisyne tekorte by staatshospitale en klinieke. Sy het tydens 'n dorpsvergadering in Swakopmund gesê ander amptenare is intussen na ander poste oorgeplaas terwyl probleme in die medisyneverskaffingsketting ondersoek word. Nandi-Ndaitwah bevraagteken waarom medisyne wat deur die regering aangekoop word, nie hospitale en klinieke bereik soos dit moet nie. Sy belowe dat stappe gedoen sal word om die verspreiding van noodsaaklike medisyne te verbeter.
9 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rough & Tough Rally samel fondse vir Kankervereniging in

Die jaarlikse Rough & Tough Rally bereik eerskomende Saterdag sy einde ná ’n uitdagende roete van sowat 1 000 kilometer deur Damaraland. Die byeenkoms bring klassieke motor-entoesiaste bymekaar, met die doel om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen:
9 Nov 11PM 1 min

Vroeë somerbuie voorspel vir groot dele van Namibië

Met maksimum temperature van 31 grade in Windhoek, 34 in Ondangwa en 39 in Keetmanshoop, kan Namibiërs vandag ook op 'n bietjie reën en verligting van die hitte hoop. Weerkenner George van der Merwe sê vroeë somer-donderbuie word oor sentraal-, noordelike en noordoostelike Namibië verwag, met moontlik swaar neerslae wat…
9 Nov 11PM 1 min

IPC eis onafhanklike ondersoek na August 26 Holdings

Die IPC doen 'n beroep op 'n onafhanklike ondersoek na August 26 Holdings midde kommer oor die maatskappy se brandstofverkrygingsreëlings, asook die invoer van drie gepantserde voertuie. Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, eis duidelikheid oor die beweerde teenstrydige verklarings oor die gepantserde voertuie, insluitend hul eienaarskap, aankoopkoste, finansiering en…
9 Nov 11PM 1 min

Bek-en-klouseer bedreig boere, werksgeleenthede en ekonomie

Bek-en-klouseer het die potensiaal om boerderybedrywe, werksgeleenthede en lewensbestaan te vernietig. Dit is die waarskuwing van die Presidensiële Taakspan vir Ekonomiese Herstel en Transformasie, wat vra vir dringende samewerking tussen die regering en die veebedryf om uitvoermarkte te heropen, boere te beskerm en te voorkom dat die uitbreking in ’n…
9 Nov 11PM 1 min

SA Regering maan raadslede tot integriteit

Die Suid-Afrikaanse regering het na verlede week se plaaslike regering-verkiesing nuutverkose raadslede aangemoedig om gemeenskappe met integriteit, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te dien. Die regering het Suid-Afrikaners gelukgewens met hul deelname aan die verkiesing, en die Verkiesingskommissie, die polisie en ander belanghebbendes geprys nadat hulle verseker het die verkiesing het veilig,…
9 Nov 10PM 1 min