
Twee in Soweto vas ná gruvonds
Loading player...
Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het verduidelik dat met verdere deursoeking van die erf twee emmers met vermoedelike menslike organe, insluitend harte en longe, ontdek is:

