'Kill the boer' is haatspraak. Punt - VSA-ambassadeur

Loading player...
Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, eis dat die regering landelike veiligheid verseker en uitsprake veroordeel wat haat verheerlik, veral ten opsigte van die dreunsang “Kill The Boer”. Die Konstitusionele Hof het verlede jaar AfriForum se appèlaansoek verwerp teen die Appèlhof se beslissing dat dit nie haatspraak is nie. Bozell het op die BizNews-konferensie in Hermanus gesê Amerika se geduld met die Suid-Afrikaanse regering raak op:
11 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lynministerie waarsku oor fopnuus rakende brandstof

Paniekaankope en bespiegelinge oor brandstofpryse is volop op sosiale media. Boodskappe van moontlike brandstofrantsoenering doen ook die rondtes, voor die brandstofprys aankondiging wat vandeesweek verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie se woordvoerder, Ten Hasheela gepraat, wat die publiek maan om nie vals inligting te versprei nie.
24 Mar 6AM 1 min

Springbok-vroue sewesspan blink uit, kwalifiseer vir 3 toernooie

Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir…
24 Mar 6AM 1 min

KI-video's oor wilde diere uiters gevaarlik

Bewaringsbewustes waarsku dat 'n groeiende golf van KI-gegenereerde wildlewe-inhoud op sosiale media die lyn tussen werklikheid en fiksie vervaag. Van leeuwyfies wat hulp van toeriste soek tot jagluiperds wat langs mense lê mag hierdie plasings dalk betowerend wees, maar baie is heeltemal kunsmatig. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz…
24 Mar 6AM 1 min

Groot teleurstelling oor Starlink

Reaksie word ontvang op die regering se besluit om 'n versoek van miljardêr Elon Musk se Starlink te weier om sy satelliet-internetdienste in Namibië te bedryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die boer en Starlink-ondersteuner Peet van Staden gepraat wat sê dit is 'n massiewe slag vir die boeregemeenskappe wat…
24 Mar 6AM 1 min