
Geen onmiddellike gevaar van brandstoftekorte in SA nie
Loading player...
Die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne sê daar is geen onmiddellike gevaar van brandstoftekorte in die lande nie, ondanks die konflik in die Midde-Ooste. Suid-Afrika het twee werkende olieraffinaderye, Natref en Astron Energy, asook Sasol se steenkool-tot-olie-aanleg in Secunda wat ’n belangrike rol speel in plaaslike brandstofproduksie. Woordvoerder Lerato Ntsoko sê voortslepende politieke spanning kan druk plaas op internasionale oliepryse, maar die land se brandstofvoorraad is tans bestendig:

