Jacky Brits op 24 April as Basterkaptein ingehuldig

Loading player...
Stedelike ontwikkelingminister James Sankwasa het Jacky Brits as die amptelike Basterkaptein herken. Rehoboth sal ook amptelik erken word as 'n tradisionele owerheid. Dit kom na Brits se verkiesing in 2021 in die hoërhof en hoogeregshof deur Rynault van Wyk betwis was. Albei howe het Van Wyk se aansoeke van die hand gewys. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsleier Manfred Draghoender gepraat wat sê Brits sal op 24 April ingehuldig word.
11 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min

InfoMSME-hub staan klein besighede met raad en daad by

Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry…
30 Apr 10AM 1 min

Land is finansieel stabiel, gou van gryslys af: BoN

Die Bank van Namibië het vandag in die hoofstad saam met Namfisa, Namibië se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel. Volgens die twee finansiële instansies is daar geen risiko’s vir die land nie. Anna William, adjunkdirekteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële toesig by die sentrale bank, gee meer inligting.
30 Apr 10AM 1 min

Namibiese professor in VSA soek aksie teen korrupsie

Die Namibiese deeltydse professor by die New York-universiteit, Fillemon Shikomba, is warm onder die kraag oor regsman Sisa Namandje. Hy het op X gedreig hy sal dokumente vrystel wat na bewering Namandje direk aan die Fishrot skandaal verbind. Shikomba het ‘n brief in dié verband aan president Netumbo Nandi Ndaitwah…
30 Apr 10AM 1 min