Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
592 – 612

'Kill the boer' is haatspraak. Punt - VSA-ambassadeur

Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, eis dat die regering landelike veiligheid verseker en uitsprake veroordeel wat haat verheerlik, veral ten opsigte van die dreunsang “Kill The Boer”. Die Konstitusionele Hof het verlede jaar AfriForum se appèlaansoek verwerp teen die Appèlhof se beslissing dat dit nie haatspraak is…
11 Mar 5AM 1 min

Israel wil nie sê hoe lank sy oorlog sal duur nie

Die Israeliese minister van buitelandse sake, Gideon Sa'ar, sê hoewel Israel groot prestasies in die oorlog met Iran behaal het, soek hulle nie 'n eindelose oorlog nie maar, wil die langtermyn, eksistensiële bedreigings van Iran na Israel verwyder.
11 Mar 5AM 1 min

Zambezi-rivier styg steeds, hoogste vlak in 5 jaar

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die vlak van die Zambezi-rivier sy hoogste in meer as vyf jaar bereik het op 6,76 meter en water versprei nou na die vloedvlaktes. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger…
11 Mar 4AM 1 min

SA se groei is stagnant - ActionSA

ActionSA sê die jongste ekonomiese groeisyfers toon die ekonomie is stagnant onder die regering van nasionale eenheid. Die party sê die ekonomie se groei van slegs 0,4-persent tussen Oktober en Desember en 1,1-persent vir die jaar, is laer as die bevolkingsgroei wat beteken dat lewenstandaarde daal. Alan Beesley van ActionSA…
11 Mar 4AM 1 min

Ontslag en ondersoek van korrupste immigrasiebeampts verwelkom

Die Suid-Afrikaanse regering het die ontslag van meer as 50 immigrasiebeamptes verwelkom wat betrokke was by korrupsie by grensposte regoor Suid-Afrika. 'n Verdere 38 beamptes word tans ondersoek. Die betrokke grensposte sluit in Beitbrug, Lebombo, Oshoek en Maserubrug, asook die OR Tambo Internasionale Lughawe. Die waarnemende woordvoerder van die regering,…
11 Mar 3AM 1 min

Leavitt staan bont om oorsaak van Iran-aanval te verduidelik

Die perssekretaris in die Withuis, Karoline Leavitt, moes bontstaan tydens ‘n perskonferensie toe media haar gevra het oor president Donald Trump se herhaalde ommekeer oor hoekom die VSA Iran aangeval het. Eers was dit as gevolg van ‘n kernwapen wat Iran amper voltooi het, toe word dit dat Iran in…
11 Mar 3AM 1 min

VR getoets vir rehabilitasie van gevangenes

Die Namibiese Korrektiewe Diens het vandeesweek 'n werkswinkel om virtuele realiteit te implementeer in die rehabilitasie van gevangenes. Die werkswinkel word ondersteun deur die Verenigde State en NamPol. Die wagte sowel as die gevangenes het gedurende die sessie die stelsel getoets. Matthew Burnett Stuart, die programbestuurder by die Verenigde Nasies…
11 Mar 2AM 1 min

AfriForum vra vir verlaging van brandstofheffing

AfriForum doen 'n beroep op die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die brandstofheffing te verlaag terwyl wêreldwye oliepryse die hoogte inskiet as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste. Die organisasie waarsku stygende brandstofkoste sal die prys van alle goedere landwyd opstoot. Ernst van Zyl van AfriForum doen 'n…
11 Mar 2AM 1 min

SA-vleispryse sal daal, uitvoere na Midde-Ooste knetter

Die nuutste vleispryse in Suid Afrika deur AMT is vrygestel. Boere gaan gebuk onder onstabiele markpryse weens die oorlog in die Midde-Ooste. Suid Afrika se uitvoere na die gebied sal moontlik nie kan plaasvind nie wat dan pryse in die buurland afwaarts sal dwing as gevolg van ooraanbod. Dr. Johnny…
11 Mar 1AM 1 min

Begroting fokus op instandhouding nie ontwikkeling nie

Parlementslede reageer steeds op die nasionale begroting vir 2026/27. Die IPC se skaduminister van werke en vervoer, Nelson Kalangula, sê die begroting handhaaf die status quo en verteenwoordig besigheid soos gewoonlik. Hy voer aan dat dit hoofsaaklik op instandhouding fokus eerder as om betekenisvolle ontwikkelingsdoelwitte te lewer.
11 Mar 1AM 1 min

Weerkenner verduidelik vreemde Oosweer

Swakopmund ervaar Oosweer en inwoners moes Dinsdag keer om nie te smelt of weg te waai nie met winderige en warm toestande wat vandag voortduur. Baie vind die tyd van die jaar vreemd vir dié tipe weer, maar daar is 'n wetenskaplike verduideliking. Weerkenner George van der Merwe het met…
11 Mar 1AM 1 min

Lys SOE's op NSX vir verantwoordbaarheid

Swapo-parlementslid Tobie Aupindi doen 'n beroep op dringende hervorming van Namibië se staatsbeheerde ondernemings en beskryf hulle as "fiskale bloeding". In 'n toespraak in die Nasionale Vergadering het Aupindi voorgestel dat sommige van hierdie entiteite gedeeltelik op die Namibiese Sekuriteitebeurs genoteer word, wat Namibiërs sal toelaat om in hulle te…
11 Mar 12AM 1 min

Verbod op verkoop van grond aan privaat ontwikkelaars verwelkom

Die Shack Dwellers Federation het die regering se besluit verwelkom om die toekenning van belastingbetaler-befondsde gedienste grond aan private ontwikkelaars te verbied. Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa sê munisipale gedienste grond moet eerder gewone Namibiërs bevoordeel. In die ou dae het plaaslike owerhede self grond gediens, huise gebou en aan inwoners…
11 Mar 12AM 1 min

Hill-Lewis vra Prasa vir ondersoek na sentrale spoorlyn-kontrak

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die passassier-spooragentskap, Prasa, gevra om ondersoek te doen na beweerde bende-betrokkenheid by kontrakte vir die sentrale spoorlyn. AmaBhungane se verslag betrek die bendebaas Ralph Stanfield en sy vrou, Nicole Johnson, by bouprojekte van miljoene rand. Hill-Lewis vra die skorsing van korrupte amptenare, en oudit…
10 Mar 11PM 1 min

VSA wen die oorlog - Hegseth

Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag op 'n perskonferensie gesê die VSA wen die oorlog teen Iran, maar het nie 'n tydlyn verskaf oor wanneer die oorlog sal eindig nie. Hy het beklemtoon dat president Donald Trump daaroor sal besluit, en erken dat Israel sy eie doelwitte in die konflik…
10 Mar 11PM 1 min

Nafau, Hungry Lion sluit arbeidsooreenkoms

Die Namibië Voedsel- en Geallieerde Werkersunie en Hungry Lion Namibia het vandag in Windhoek 'n ooreenkoms onderteken vir 'n loonverhoging en hersiene diensvoorwaardes. Die ooreenkoms sluit 'n salarisverhoging van 375 Namibiese dollar vir die eerste jaar in, terugwerkend tot 1 Julie 2025. Die ooreenkoms kom ná 'n dooiepunt in loononderhandelinge…
10 Mar 11AM 1 min

SA ekonomie groei met 0,4% in laaste kwartaal 2025

Suid-Afrika se ekonomie het vir 'n vyfde agtereenvolgende periode groei getoon, met groei van 0,4-persent in die vierde kwartaal van verlede jaar. Tussen Oktober en Desember is die toename hoofsaaklik gedryf deur die finansies-, handels- en dienstesektore, sowel as hoër huishoudelike besteding en owerheidsbesteding. Bokang Vumbukani-Lepolesa van Statistieke Suid-Afrika sê…
10 Mar 11AM 1 min

Só is M-pokke-, Kongokoors-uitbrekings beëindig

Die gesondheidministerie het die suksesvolle inperking van Mpokke- en Kongo Koors-uitbrekings in die Erongo- en Omaheke-streke aangekondig. Die Mpokke-uitbreking is op 19 Oktober 2025 in Swakopmund verklaar na die eerste laboratoriumbevestigde geval op 18 Oktober 2025. Namibië het drie bevestigde gevalle aangeteken, wat almal ten volle herstel het en op…
10 Mar 10AM 1 min
592 – 612