
Verbod op verkoop van grond aan privaat ontwikkelaars verwelkom
Loading player...
Die Shack Dwellers Federation het die regering se besluit verwelkom om die toekenning van belastingbetaler-befondsde gedienste grond aan private ontwikkelaars te verbied. Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa sê munisipale gedienste grond moet eerder gewone Namibiërs bevoordeel. In die ou dae het plaaslike owerhede self grond gediens, huise gebou en aan inwoners verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die federasie se mededirekteur, Heinrich Amushila gepraat.

