Hill-Lewis vra Prasa vir ondersoek na sentrale spoorlyn-kontrak

Loading player...
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die passassier-spooragentskap, Prasa, gevra om ondersoek te doen na beweerde bende-betrokkenheid by kontrakte vir die sentrale spoorlyn. AmaBhungane se verslag betrek die bendebaas Ralph Stanfield en sy vrou, Nicole Johnson, by bouprojekte van miljoene rand. Hill-Lewis vra die skorsing van korrupte amptenare, en oudit van kontrak-vloei na maatskappye met bende-bande. Hy vra die polisie ook om kleiner ondernemings met bande met Stanfield te ondersoek:
10 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land is finansieel stabiel, gou van gryslys af: BoN

Die Bank van Namibië het vandag in die hoofstad saam met Namfisa, Namibië se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel. Volgens die twee finansiële instansies is daar geen risiko’s vir die land nie. Anna William, adjunkdirekteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële toesig by die sentrale bank, gee meer inligting.
30 Apr 10AM 1 min

Namibiese professor in VSA soek aksie teen korrupsie

Die Namibiese deeltydse professor by die New York-universiteit, Fillemon Shikomba, is warm onder die kraag oor regsman Sisa Namandje. Hy het op X gedreig hy sal dokumente vrystel wat na bewering Namandje direk aan die Fishrot skandaal verbind. Shikomba het ‘n brief in dié verband aan president Netumbo Nandi Ndaitwah…
30 Apr 10AM 1 min

Farmaseutiese vervaardiging welkom, maar moet volhoubaar wees

Gesondheidminister Esperance Luvindao het verlede jaar planne aangekondig om Namibië se eerste staatsbeheerde farmaseutiese vervaardigingsaanleg binne die volgende vyf jaar te vestig. Dit vorm deel van pogings om die land se gesondheidsorg-selfvoorsiening te versterk. Die ministerie het ook aangedui dat hulle in die eerste fase van beplanning vir die aanleg…
30 Apr 9AM 1 min

Iran-blokkade doeltreffender as bomme: Trump

Oliepryse het weer die hoogte ingeskiet na berigte dat die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg om die versperring van Iranse hawens te verleng. Brent-ruolie se prys het met byna sewe-persent geklim tot 126 Amerikaanse dollar per vat - die hoogste sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022, en teen…
30 Apr 9AM 1 min

Justisieminister toer gemeenskapshowe

Justisieminister Filemon Wise Immanuel maak vandag 'n kritieke tweedaagse kennismakingstoer van gemeenskapshowe in die Kunene-streek klaar. Die besoek fokus op die evaluering van landelike bedrywighede en die versterking van die vennootskap tussen die regering en tradisionele owerhede. Die ministerie se hoof-kommunikasiebeampte, Edmund Khoaseb, gee meer inligting.
30 Apr 8AM 1 min