President Donald Trump van Amerika se spesiale gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, erken hulle het ʼn 15-punt-aksielys aan Iran gestuur wat die raamwerk vorm van ʼn vredesooreenkoms. Dis deur die Pakistanse regering hanteer wat as bemiddelaar optree. Witkoff sê die raamwerk het tot dusver gelei tot sterk en positiewe…
President Cyril Ramaphosa het Frankryk se besluit om Suid-Afrika se uitnodiging na die G7-beraad in Junie terug te trek as onbelangrik bestempel. Die president het die G7-vergaderings by verskeie geleenthede as gas van die gasheerland bygewoon. Na bewering het Frankryk die besluit geneem weens druk van die VSA, wat glo…
Clemens Kapuuo, opperhoof van die Ovaherero en 'n belangrike politieke leier teen apartheid wat die werklike vryheidstryd begin het, is op 27 Maart 1978 in Windhoek vermoor. Hy is op Paasmaandag om 6-uur die aand buite sy algemene handelaarswinkel in Katutura deur ongeïdentifiseerde mans doodgeskiet. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Ultimate Safaris-gids Peter Nuugonya het onlangs na Baja California in Mexiko gereis vir 'n drie weke lange avontuur met Todos Santos Eco Adventures. Nuugonya, wat in 'n dorpie naby Ondangwa grootgeword het en op 'n jong ouderdom geleer het hoe om diere op te spoor, het die toekenning vir topgids…
Werkeminister Veikko Nekundi het kommer in die parlement uitgespreek oor die toenemende oorheersing van Chinese kontrakteurs in die konstruksiesektor. Hy waarsku dat sommige streng tendervereistes plaaslike maatskappye opsy skuif en selfs bekwame Namibiese kontrakteurs dwing om subkontrakteringsgeleenthede in hul eie land te soek. Hy sê die regering ondersoek moontlike veranderinge…
Die landbou-organisasie TLU SA brei sy Jongboer van die Jaar-kompetisie uit, en stel vanjaar 'n Jeugboer van die Jaar-kategorie vir leerders bekend. Die projek moedig leerders aan om entrepreneursvaardighede, kreatiwiteit en verantwoordelikheid te ontwikkel met praktiese landbouprojekte. Bennie van Zyl van TLU SA sê die projek stel kinders bekend aan…
Oliepryse het met meer as 5 persent gestyg terwyl die VSA en Iran verskillende weergawes gee oor of vredesonderhandelinge plaasvind. Brent-ruolie het Donderdag 'n hoogtepunt van 108 Amerikaanse dollar 50 sent per vat bereik. Dit het die vorige dag op 102 dollar gesluit. Dit kom nadat Amerika daarop aangedring het…
Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde…
Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf…
Die land se BBP het in 2025 met 1,7 persent gegroei. Die Namibiese Statistieke-agentskap het dit in nominale terme aangeteken as 269,8 miljard Namibiese dollar in vergelyking met die 2024-groei van 250 miljard Namibiese dollar. Die primêre industrieë het geweldig met 7,2 persent gedaal. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni.
Die Vryheidsfront Plus verwelkom die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, se waarskuwing aan vulstasies wat brandstof terughou, aangesien dit onwettig is. Die minister het tydens 'n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gesê enige doelbewuste poging om brandstof van die mark te weerhou sal nie geduld word nie. Wynand…
Grondhervorming is weer eens in fokus, na LPM-parlementslid Utaara Mootu kennis gegee het van 'n mosie wat op 14 April in die parlement ter tafel gelê sal word, wat die instelling van 'n Nasionale Grondproduktiwiteitsoudit versoek. Mootu sê hoewel Namibië vordering gemaak het met die herverdeling van grond, fokus die…
Finansminister Ericah Shafudah het 'n beroep gedoen op die behoorlike implementering van Namibië se nuut bekendgestelde Nasionale Betalingstelsel. Die strategie, wat 'n finansiële insluitingskoers-mikpunt van 95 persent teen 2035 het, is daarop gemik om alle betalingsstrome soos kaarte, e-geldbeursies en bankrekeninge in te sluit om naatlose fondsoordragte tussen verskillende verskaffers…
Die Australiese regering gaan Iraniërs met toeristevisums tydelik keer om die land binne te kom en sê hulle tree in nasionale belang op. Dit volg te midde van vinnig veranderende toestande wêreldwyd. Die stap beteken meer as 7 000 mense wat reeds Iranse besoekersvisums het, kan nie die land binnekom…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê drie verklikkers van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Dienste verdien volle heraanstelling of vergoeding. Dit volg nadat die agentskap erken het dat hul ontslag onbillik was, sewe jaar nadat hulle 370 miljoen Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige besteding blootgelê het. Die organisasie doen 'n beroep…
Teen die einde van Maart 2026 het 481 Vervoer Sekuriteitsadministrasie-beamptes bedank in die VSA, gekoppel aan 'n gedeeltelike regeringsluiting wat op 14 Februarie begin het. Hierdie finansieringstekort het ongeveer 50 000 van die beamptes gedwing om vir meer as vyf weke sonder betaling te werk. Waarnemende administrasie-hoof Ha Nguyen McNeill…
Ten spyte van kommer oor die impak van stygende oliepryse op vervoerkoste, het Stad Windhoek bevestig dat daar tans geen planne is om munisipale busgeld te verhoog nie. Die munisipale busstelsel werk op 'n kontantlose, slimkaart-gebaseerde betalingsstelsel, wat in Augustus 2025 ten volle geïmplementeer is. 'n Enkele rit kos tipies…
26 Mar 6AM
1 min
192 – 212
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.