
Cyril sê G7 sage is onbelangrik
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het Frankryk se besluit om Suid-Afrika se uitnodiging na die G7-beraad in Junie terug te trek as onbelangrik bestempel. Die president het die G7-vergaderings by verskeie geleenthede as gas van die gasheerland bygewoon. Na bewering het Frankryk die besluit geneem weens druk van die VSA, wat glo gedreig het om die byeenkoms te boikot as Suid-Afrika as spesiale gas sou deelneem. Ramaphosa sê die terugtrekking van die uitnodiging beteken nie dat die land afgejak is nie:

