
Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk
Loading player...
Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie nodig is om te verseker dat die stelsel vir informele handelaars en besighede werk. Die unie se sekretaris-generaal, Stefanus Matheus, sê die nuwe digitale finansiële produkte moet prakties wees.

