Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde…
Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf…
Die land se BBP het in 2025 met 1,7 persent gegroei. Die Namibiese Statistieke-agentskap het dit in nominale terme aangeteken as 269,8 miljard Namibiese dollar in vergelyking met die 2024-groei van 250 miljard Namibiese dollar. Die primêre industrieë het geweldig met 7,2 persent gedaal. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.