
SA Reserwebank hou rentekoers onveranderd op 6,75%
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel inflasie waarskynlik tydelik sal styg, behoort dit mettertyd terug te keer na die drie-persent-teiken:

