Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word…
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by…
Dit is vandag 41 jaar sedert die Westdene-busramp waarin 42 kinders gesterf het toe 'n bus wat leerders van Hoërskool Vorentoe vervoer het, op die Westdene-damwal verongeluk en in die dam gesink het net na een-uur die middag. Daar is 30 kinders gered. Tot vandag toe weet niemand presies wat…
Tydens die aankonding vir die prysverhoging van petrol met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter en 'n verhoging van 4 dollar per liter vir beide grade diesel, het lynminister Modestus Amutse gewaarsku teen paniekaankope van brandstof. Hy sê dat die land tans genoeg brandstofvoorraad het om in twee…
Agribank het bevestig dat hy 'n potensiële belegger gevind het om die Witvlei-slagpale te laat herleef, meer as 'n dekade na die ineenstorting daarvan, veroorsaak deur die verlies van 'n winsgewende Noorse beesvleisuitvoerkwota wat die staat aan Meatco toegeken het. Die geskil oor kwotas en verminderde toewysings het Sidney Martin…
Die voormalige apartheidspolisiebevelvoerder Eugene de Kock het in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig president Cyril Ramaphosa was op 'n lys van mense wat vir 'n sluipmoord geteiken was. De Kock het virtueel getuig in die Cradock Vier-ondersoek en gesê hy is beveel om 33 individue te vermoor, maar het geweier…
Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
Namfisa het bevestig dat enkelbedrag aftree-uitbetalings onveranderd sal bly onder FIMA. Dit volg op 'n vergadering met die aftreefondsbedryf, waar 18 bekommernisse van die Aftreefonds-instituut van Namibië aangespreek is, insluitend kommutasiereëls wat lede toelaat om een derde belastingvry te neem en die res as 'n belasbare enkelbedrag. Woordvoerder Victoria Raimond…
Die DA het kommer uitgespreek na 11 departemente verwysings vir ondersoeke ontvang het, maar geen vorderingsverslae by die Departement van Staatsdiens en Administrasie ingedien het oor stappe wat gedoen is nie. Drie van die departemente is nasionaal en agt is provinsiaal. Eleanore Bouw-Spies van die DA sê die grootste oortreders…
Die petrolprys styg met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 4 dollar liter styg. Die nuwe prys tree Woensdag, 1 April in werking. Die lynminister Modestus Amutse het pas die aankondiging gemaak.
Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het herhaal dat die Verenigde State nie enige spesifieke versoeke gerig het vir militêre hulp in die Midde-Oosterse konflik nie. Trump het gister tydens ʼn kabinetsvergadering Australië uitgesonder omdat hy nie help om die Straat van Hormuz oop te hou nie. Sowat 20-persent van…
Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
Volgens die jongste kwartaallikse landbou- en visserystatistiekbulletin het akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg, vergeleke met net minder as 5 000 ton in 2024. Uitvoerwaardes het egter aansienlik gedaal, terwyl die land se invoerrekening hoog bly, hoewel laer as in 2024. Rosa…
Stedelike ontwikkelingminister James Sankwasa het 'n skerp assessering van die Rehoboth-stadsraad gelewer en 'n beroep gedoen op “moedige ingryping" om diepgewortelde bestuur en finansiële mislukkings aan te spreek. Sankwasa het tydens 'n stampvol vergadering by die Hermanus van Wyk-saal inwoners se kommer oor swak dienslewering, gebrek aan verantwoordbaarheid en beweerde…
Die NBC word streng ondersoek deur die parlement se Openbare Rekeningekomitee nadat dit drie agtereenvolgende ongunstige ouditmenings van die ouditeur-generaal ontvang het. Wetgewers het die uitsaaier gekritiseer vir voortdurende finansiële verliese en misleidende finansiële state. Die uittredende direkteur-generaal Stanley Similo sê die aard van sy openbare diensmandaat maak finansiële volhoubaarheid…
Afrika tree op om sy eie globale beeld te definieer. In ooreenstemming met Agenda 2063 het die Opportunity Africa-inisiatief 'n nuwe Kreatiewe Raad van stapel gestuur, wat toonaangewende stemme in media, kommunikasie en bemarking van reg oor die vasteland bymekaarbring. Die Pan-Afrikaanse platform is daarop gemik om outentieke Afrika-stories en…
Die vakverbond Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 6,75-persent te laat, verwelkom. Die komitee sê hulle het inflasionêre risiko’s weens stygende oliepryse en geopolitieke onsekerheid te midde van die oorlog in die Midde-Ooste in ag geneem. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika se benadering tot internasionale verhoudings word deur sy nasionale belang bepaal, en dit is om sy mense se ontwikkeling deur ekonomiese groei te bevorder. Hy het gister sy ampsgenoot van China, Han Zheng, in Kaapstad ontvang. Mashatile sê Suid-Afrika bly daartoe verbind om seker te…
Die Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran smeek om 'n ooreenkoms te sluit en gesê hy los dit vir die Teheran-leiers om hom te oortuig om die oorlog te staak. Vroeër die week het Iran 'n Amerikaanse vredesplan van die hand gewys wat na bewering geëis het dat…
Die Internasionale Olimpiese Komitee het tot ʼn nuwe beleid ingestem wat beteken slegs biologiese vroue mag van 2028 af aan Olimpiese vroue-items deelneem. Dis in ooreenstemming met president Donald Trump van Amerika se uitvoerende bevel oor vrouesport in aanloop tot die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Die IOK-president, Kirsty…
27 Mar 3AM
1 min
172 – 192
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.