
IOK: Vroueatlete moet toets vir Y-geen ondergaan
Loading player...
Die Internasionale Olimpiese Komitee het tot ʼn nuwe beleid ingestem wat beteken slegs biologiese vroue mag van 2028 af aan Olimpiese vroue-items deelneem. Dis in ooreenstemming met president Donald Trump van Amerika se uitvoerende bevel oor vrouesport in aanloop tot die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Die IOK-president, Kirsty Coventry, sê alle atlete wat in die vroue-kategorieë by toekomstige Olimpiese Spele wil deelneem, sal ʼn eenmalige sifting vir die Y-geen moet ondergaan om hul geslag te bepaal:

