Samewerking gevra om SA behuisingsnood aan te spreek

Loading player...
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word in 'n ingewikkelde omgewing bedryf, gekenmerk deur vinnige verstedeliking, stygende boukoste, infrastruktuurbeperkings en toenemende klimaatverwante gevare:
27 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sabalenka verwag taai Miami Ope-eindstryd teen Gauff

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by…
27 Mar 11AM 1 min

Westdene-busramp, 41 jaar later

Dit is vandag 41 jaar sedert die Westdene-busramp waarin 42 kinders gesterf het toe 'n bus wat leerders van Hoërskool Vorentoe vervoer het, op die Westdene-damwal verongeluk en in die dam gesink het net na een-uur die middag. Daar is 30 kinders gered. Tot vandag toe weet niemand presies wat…
27 Mar 10AM 1 min

Los paniek-brandstofaankope, daar's genoeg voorraad

Tydens die aankonding vir die prysverhoging van petrol met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter en 'n verhoging van 4 dollar per liter vir beide grade diesel, het lynminister Modestus Amutse gewaarsku teen paniekaankope van brandstof. Hy sê dat die land tans genoeg brandstofvoorraad het om in twee…
27 Mar 10AM 1 min

Witvlei-slagpale kry potensiële belegger: Agribank

Agribank het bevestig dat hy 'n potensiële belegger gevind het om die Witvlei-slagpale te laat herleef, meer as 'n dekade na die ineenstorting daarvan, veroorsaak deur die verlies van 'n winsgewende Noorse beesvleisuitvoerkwota wat die staat aan Meatco toegeken het. Die geskil oor kwotas en verminderde toewysings het Sidney Martin…
27 Mar 10AM 1 min