Skerp styging in brandstofprys

Loading player...
Die petrolprys styg met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 4 dollar liter styg. Die nuwe prys tree Woensdag, 1 April in werking. Die lynminister Modestus Amutse het pas die aankondiging gemaak.
27 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ECB lei nou Afrika-reguleerdersliggaam

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
27 Mar 9AM 1 min

Cyril was op sluipmoordlys, getuig De Kock

Die voormalige apartheidspolisiebevelvoerder Eugene de Kock het in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig president Cyril Ramaphosa was op 'n lys van mense wat vir 'n sluipmoord geteiken was. De Kock het virtueel getuig in die Cradock Vier-ondersoek en gesê hy is beveel om 33 individue te vermoor, maar het geweier…
27 Mar 9AM 1 min

Enkelbedrag aftree-uitbetalings gaan voort: Namfisa

Namfisa het bevestig dat enkelbedrag aftree-uitbetalings onveranderd sal bly onder FIMA. Dit volg op 'n vergadering met die aftreefondsbedryf, waar 18 bekommernisse van die Aftreefonds-instituut van Namibië aangespreek is, insluitend kommutasiereëls wat lede toelaat om een derde belastingvry te neem en die res as 'n belasbare enkelbedrag. Woordvoerder Victoria Raimond…
27 Mar 8AM 1 min

DA soek aksie oor departementele ondersoeke

Die DA het kommer uitgespreek na 11 departemente verwysings vir ondersoeke ontvang het, maar geen vorderingsverslae by die Departement van Staatsdiens en Administrasie ingedien het oor stappe wat gedoen is nie. Drie van die departemente is nasionaal en agt is provinsiaal. Eleanore Bouw-Spies van die DA sê die grootste oortreders…
27 Mar 8AM 1 min

ECB neem oor as voorsitter van Afrika energie reguleerdersvereniging

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
27 Mar 6AM 1 min