
Lewende beesuitvoere teenproduktief, sê Schlettwein
Loading player...
Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf die besluit verder as 'n terugslag vir Meatco se herstel en langtermyn volhoubaarheid. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

